Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Swak klantediens

Ek is diep teleurgestel oor die klante­diens wat ek by ’n klerewinkel in Lady Greystraat ondervind het. Ek is seker dat ek nie al een is wat so voel nie.

’n Paar jaar gelede het ek dieselfde diens ontvang en geweier om my voete in daardie winkel te sit tot onlangs.

Hul klere is altyd so mooi in die venster, maar as ek binne kom, word ek sommer heeltemal afgesit deur die werkers se onvriendelikheid. Ek het geen probleem dat die winkel soms stampvol is en ek verby ander klante moet skuur nie, maar ek verwag net om ordentlik behandel te word.

Die werkers lyk altyd so swaarmoedig as jy hulle iets vra oor die klere. Dis asof hulle jou ’n guns doen.

Ek verstaan dat ’n mens moeg raak en jy moet werk om ’n lewe te maak, maar ’n bietjie vriendelikheid sal geen skade doen nie.

Julle is sulke pragtige vroue, moenie laat daardie mooiheid verlore gaan nie. As dit van my afhang, koop ek elke maand my hele salaris uit by die klerewinkel, maar totdat julle nie werk aan jul professionaliteit nie, sal ek eerder heeltemal wegbly en jul klere net van buite af bewonder.

CJ, PAARL
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.