Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Wie monitor hierdie sakeondernemings?

Ek stem saam – hoe dikwels doen Die SAID in byvoorbeeld die Paarl ondersoek na die talle huiswinkels, smouse en Chinese winkels om te sien of hul boekhouding ens. agtermekaar is en of hulle wel belasting betaal?

Persoonlik twyfel ek. Niemand monitor hierdie sakeondernemings nie en dis basies deesdae ’n “free-for-all”.

Behalwe natuurlik vir die wetsgehoorsame Suid-Afrikaanse burger wat omtrent elke dag beboet word met stygende belasting, brandstofpryse en munisipale tariewe.

Ek hoor ook dat baie van die Chinese winkels in Paarl-middedorp sommer ook as wonings gebruik word vir talle inwoners. Gaan die munisipaliteit dié ook na? O nee, soos genoem, vir hulle is dit mos ’n “free-for-all”.

Onthou net, as enige besigheid net op ’n kontant basis werk, dan beteken dit hulle steek die geld in hul sak en nie ’n sent daarvan gaan aan belasting nie.

Ben,
Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.