Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Almal kan lag

Schalk Bezuidenhout, die krulkop­kome­diant met sy kenmerkende trui­tjies en skerp tong, is 11 Julie om 20:00 by die Ou Meul-teater in die Paarl te sien.

Schalk bring sy vertoning, Snor­seun, na die Paarlse gehoor. Teatergangers kan uitsien na die snorseun op sy beste, met nuwe materiaal, vlymskerp waarnemings en sosiale kommentaar oor die lewe en die land waarin ons leef. Hy het ook reeds twee Comics Choice-pryse en ’n gesogte SAFTA gewen.

Schalk is deesdae ’n bekende gesig op TV, veral in die rol van die gelief­de Danny in die kykNET-reeks Hotel en as anker van die satiriese nuus­pro­gram, Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET. Bespreek kaartjies teen R120 by 083 524 3744 of 079 603 7629.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.