Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Avanti se klassieke uitvoering iets vir almal

Geniet ’n aand by Diemersfontein met Mzansi Makers Klassieke Musiekreeks. ’n Klassieke uitvoering vind plaas 29 Oktober deur Avanti – bestaande uit Sally Minter op dwarsfluit en Coila Enderstein op klavier. Hierdie uitvoering sluit in ’n Rabboni Sonata, geïnspireer deur die Italiaanse operamelodieë. Die Carmen-fantasie deur Borne, musiek van die opera Thais, Entracte van Carmen en Fantasie deur Taffanel van die opera Der Freischutz sal gehoor word.

Avanti tree van 2014 op in verskeie hoedanighede, vanaf intieme soirées tot bekroonde uitvoerings in een van Kaapstad se gunstelingteaters. Hulle is gaskunstenaars by die Fine Music Radio Awards, Le Petit Mort’s-kamerkonserte en Biblioteek se gewilde In the Dark-reeks by die Young Blood galery. Avanti wen in 2015 en 2016 die duokategorie­prys by die Stellenbosch se Nasionale Ensemble-kompetisie en mees onlangs, doen hulle ’n eerste uitvoering van SAMRO, deur die Suid-Afrikaanse komponis, Amy Luyendijk.

Optrede vind plaas in die herehuis by Diemersfontein Wine & Country Estate. Die vertoning begin om 18:00. Wyn is te koop en word bedien op die stoep van die herehuis. Kaartjies kos R50 by accounts@mzansimakers.co.za of 073 435 1022

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.