Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Dans weer aan die brand by ATM

’n Nag van vlamme, vuur en natuur is die lig aan die einde van die jaartonnel wanneer die gewilde Psychedelic Theatre Saterdag 28 Desember by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl optree.

Die grasieuse vuurdansers en hul verskillende vlammende voorwerpe sal die gehoor ’n uur lank betower met asemrowende vuurtoertjies, musiek en choreografie. Kom geniet ’n onmisbare somersaand met vriende, familie en pieknieks vir die twaalfde Dans van die Vlamme-opvoering.

Lanél van der Kolff, aktrise en stigter van die Psychedelic Theatre, asook haar talentvolle mededansers sien immers daarna uit om inwoners, toeriste en vakansiegangers by die Taalmonument te verwelkom vir ’n onvergeetlike vertoning wat besoekers se verbeelding sal aangryp. Die waaghalsige toertjies en storievertelling sal jou sensoriese stimuli verryk – die visuele voorstelling wissel van fisieke teater tot interaktiewe vuurspel wat jou na ’n ander vlak van teaterervaring sal meevoer.

Die hekke open 17:00 en die vertoning self begin 20:00 sodra die son sak. Besoekers is welkom om hul eie drankies (geen glas) en piekniekmandjies saam te bring of een by die koffiewinkel (R300 vir twee mense of R400 met ’n mandjie ingesluit) by 021 863 2800 te bestel. Die koffiewinkels sal oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza. Geen rook en stoele word in die Tuinteater toegelaat nie. Onthou om ’n kombers of kussing en warm klere te bring.

Besoekers word aangemoedig om die omgewing en monument te verken, en het ook toegang tot veilige parkering, buitelug-speletjies, kinderspeelparke en ’n gedigte-uitstalling in die buitelug.

Kaartjies is te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R100 vir volwassenes, R80 vir Suid-Afrikaanse studente/pensioentrekkers en R50 vir kinders onder 13 jaar (gratis onder 3 jaar). Kaartjies is op die dag self te koop teen R120 vir volwassenes, R100 vir Suid-Afrikaanse studente/pensioentrekkers en R60 vir kinders onder 13 jaar (gratis onder 3 jaar). . Vir verdere inligting oor hierdie en ander geleenthede (soos die volmaan- en sterrekykpieknieks), skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.