Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Heuwels weergalm op Paarlberg

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste feesjaar begin Vrydag 28 Februarie met ’n klinkende nag se rock-en-elektronika-jol deur Akkedis Band en Die Heuwels Fantasties.

Drank- en kosstalletjies asook veilige parkering sal beskikbaar wees.

Die konsert begin 19:00, maar die hekke is reeds van 17:00 af oop om besoekers genoeg kans te gee om hierdie geskiedkundige beeldhouwerk van nader te bekyk terwyl die somerson water trek.

Kaartjies kos R150 vir volwassenes en R70 vir kinders onder 13. Dit is vooraf te koop by die Taalmonument op Paarlberg, by die Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/021 863 0543) en aanlyn via Computicket.

Die Vrydagaand is deel van ’n naweek lange fees van musiek, stories, kindervermaak en ’n mark op Paarlberg. Die veeltalige, multikulturele program met kunstenaars soos Jak de Priester, Lungi, Jaloersbokkies en V.I.T.O. sal Afrikaans in al haar pragtige gedaantes laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm. . Besoek www.taalmuseum.co.za vir besonderhede oor die 2020-feesprogram.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.