Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Inspirerende koorfees weerklink weer op die berg

Elf kore, vyf musikale sterre en meer as 800 koorlede hou groot belofte vir ’n betowerende fees van koormusiek in.

Danksy die geliefde koorfeeste van die afgelope twee jaar word die derde groter en beter Taalmonument-koorfees Saterdag 14 Maart gehou, waar kore hul beste note gaan voorsit as deel van die monument se 45ste verjaardagvieringe.

Vanjaar is daar boonop vyf musikale sterre – Brittany Smith (sopraan), Christine Bam (mezzosopraan), Simphiwe Mayeki (bas), Andile Tshoni (tenoor) en die Kaapse operakoor-maestro Marvin Kernelle – wat die verhoog gaan deel om die geleentheid selfs nog meer spesiaal te maak.

“Een van die doelwitte van hierdie fees is om koormusiek te bevorder,” sê Bam, mede-organiseerder en stemafrigter. “Geen kompetisie of beoordeling is aan hierdie geleentheid gekoppel nie. Dit is ’n lekker saamsing-fees waar kore kan kom sing, die dag kan geniet en met ander kore kan kom netwerk.”

Die dag bied ook ’n geleentheid aan kore om geld deur middel van kaartjieverkope in te samel, terwyl dit vir leerders, hul gesinne en die breër publiek ’n kans gee om hul musiekliefde met mekaar te deel. Die elf kore wat deelneem, is Laerskool Brackenfell se junior koor, Laerskool Brackenfell se senior koor, Hoërskool De Kuilen-meisieskoor, Hoërskool Edgemead-massakoor, Laer Meisieskool La Rochelle se junior koor, Laer Meisieskool La Rochelle se senior koor, Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoërskool Namakwaland, Paarl Primêre Seunskool se junior koor, Voce Armoniche-gemeenskapskoor en William Lloyd Primêr.

Die Taalmonument-koorfees word in die Amfiteater op Paarlberg aangebied, en spys- en drankstalletjies sal beskikbaar wees. Hekke open om 17:00 en die koorsang begin om 18:30.

Kaartjies (R120 vir volwassenes, R60 vir kinders onder 12) kan by Computicket of die Amfiteater se hek gekoop word.

Besoekers word versoek om warm kleding te bring. Geen vure, honde, eie kos of drank word toegelaat nie. Voldoende parkering is beskikbaar.

Vir verdere inligting oor die koorfees, skakel 083 621 8483 of stuur e-pos na tmkoorfees@gmail.com. . Skakel 021 863 0543/4809 vir nog inligting oor al die ander opwindende geleenthede en die Taalmonument se 45ste verjaardagvieringe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.