Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Mari Bosman tree in Paarl op

Die plaaslike sangeres en boorling van die Paarl, Mari Bosman, het onlangs ’n nuwe liedjie “Hou Vas” uitgereik.

Dié liedjie word beskryf as ’n hoop­volle lig in tye van donkerte. In Bosman se eie woorde sê sy dit is ’n “rooiwyn rock-liedjie”. Mari se musiek­loop­baan het begin toe sy B Sc aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer het en waar sy in dié dorp graag na Valiant Swart en ander sangers gaan kyk het. Vóór haar sangloopbaan het sy eers by die Hoërskool Gimnasium Paarl skoolgegee. Sy put haar inspirasie uit die werk van kunstenaars soos Karen Zoid en Elvis Blue.

Mari tree 15 Augustus om 20:00 in die Ou Meul-teater op. Kaartjies kos R100 per persoon. Vir nog inligting, bel Anel Skye by 083 524 3744.

.
Rooies en Allen tree 17 Augustus om 20:00 in die Ou Meul-teater op. Sitplek kos R100 en kan by Anel bespreek word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.