Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Ontdek die wonder van fees proe-proe

Dit gaan ’n proe-ervaring wees wat jy nie kan mis nie.

Suid-Afrika se gunsteling­vonkelwyn, fynproewerskase, konsortium merino-lamsvleis, voedsel met integriteit, sagtevrugte, dubbelgoud-Veritas-wyne asook Standard Bank se top-10-chenin blanc en ander bekroonde wyne is van die interessante proe-ervarings wat op fynproewers wag by die vyfde jaarlikse Agri-Expo-landbouproereeks by die Toyota US Woordfees.

Dié fees word van Vrydag 6 Maart tot Sondag 15 Maart in Stellenbosch aangebied.

Dié reeks spog vanjaar met agt pas-en-proe-sessies wat deur bekende kos- en wynkenners aangebied word:• Vrydag 6 Maart (12:00): Proe Standard Bank se top-10-chenin blanc-wenners.• Saterdag 7 Maart (12:00): Konsortium merino-lamsvleis en Veritas-wyne – watertandlekker! • Sondag 8 Maart (12:30): ’n Viering saam met SA se gunstelingvonkelwyn, J.C. Le Roux.• Woensdag 11 Maart (12:00): Fairview-proe saam met Charles Back.• Donderdag 12 Maart (12:00): Die invloed van terroir op pinotage.• Vrydag 13 Maart (12:00): Hortgro-sagtevrugtefynproe.• Saterdag 14 Maart (13:15): Voedsel met integriteit.• Sondag 15 Maart (12:00): Proe die uitnemende wyne van Spier.

Die proesessies vind by Die Khaya in Ryneveldstraat, Stellenbosch, plaas. Kaartjies wissel tussen R130 en R180. Slegs 70 kaartjies per proeses­sie is by Computicket beskik­baar. Vir nog inligting, besoek www.woordfees.co.za en www.agriexpo.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.