Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Saamtrek bekyk pa’s se rol

Die jaarlikse byeenkoms van The World needs a Father (TWNAF) word die naweek van 7 tot 9 Februarie by The Gathering in New Orleans aangebied.

The World needs a Father is ’n interdenominale Christelike beweging wat hom op die bekamping van vaderloosheid en die herstel van gesonde gesinne toespits.

Tydens die naweek sal praktiese leiding gegee word oor hoe ’n pa morele beheer in hul kinders se lewe kan neem, identiteit kan bou, sekuriteit kan bied en potensiaal kan verwesenlik.

Van die sprekers sluit in Cassie Carstens (stigter van TWNAF), Norm Wakefield van Sprit of Elijah Ministries in Texas in die VSA, pastoor Bjorgan Morrie van The Gathering, pastoor Phumzile Stofile van Mbekweni en Danny de Wit (voorsitter van TWNAF).

Die organisasie werk tans in meer as 70 lande wêreldwyd en glo dat elke kind ’n goeie pa in die huis nodig het en dat afwesige pa’s (meer as twee derdes van kinders in Suid-Afrika woon sonder hul biologiese pa in die huis) of onbevoegde vaders in ’n baie groot mate tot die maatskaplike euwels in ons land bydra – nie net in minder gegoede buurte waar ’n bendekultuur heers nie, maar ook in welgestelde huise waar kinders dan hul geluk en identiteit op die verkeerde plekke soek.

Belangstellendes kan vir bywoning by www.theworldneedsafather-paarl.co.za registreer of Abrie de Swardt by 083 625 1158, Warren Petersen by 082 786 2962 of De Bruyn Steenkamp by 079 598 5274 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.