Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Sanger sing onder sterre

Die internasionale sanger Ike Moriz, bekend vir sy vermoë om moeiteloos tussen musikale genres te wissel, tree op 12 Desember om 19:30 in die Grande Roche-amfiteater in die Paarl op.

Ike, wat die afgelope vyf jaar as een van die topvyf sangers in Suid-Afrika aangewys is, is plaaslik sowel as in die buiteland bekend. Hy het al in 20 lande getoer, mees onlangs in Duitsland met sy uitverkoopte Millennium Hits Tour 2019.

Die sanger en akteur sal begelei word deur die bekende Ike Moriz Swing Band, en vir die eerste keer sal hulle saam met die leerders van die Hoër Meisieskool Paarl optree, gelei deur die tjellis en hoof van kunste, Anjulie Nock. Die Ike Moriz Swing Band bestaan uit van die mees bekwame musikante in Suid-Afrika: Willie van Zyl op saksofoon en klarinet, Andrew Ford op klavier, Wesley Rustin op kontrabas en Ivan Bell op tromme. Hulle het saam liedjies van die gewilde swing- en popgenres gekies om ’n onvergeetlike aand aan te bied. Dit sluit in treffers soos Dean Martin se “Sway”, John Lennon se “Imagine”, Frank Sinatra se “New York New York” en Moriz se “Love Swings” en “To Cape Town”. Asof dit nie genoeg is om jou in ’n feestelike stemming te plaas nie, sal konsertgangers die sjef Niel van Zyl se fynproewerskos sowel as plaaslike Under Oaks-wyne by kos- en wynstalletjies vooraf kan geniet van 18:00 (kredietkaartfasiliteite beskikbaar).

Geen voorafbespreekte sitplekke (op kussings). Beperkte kaartjies is beskikbaar by Quicket teen R200. Geen kinders jonger as 13 jaar. Maskers is verpligtend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.