Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
‘Skouspel’ in die Paarl

Die eerste Paarl-skouspel, ’n glanskonsert waar kunstenaars lippe-sing en dans op die verhoog, vind in September plaas.

Alle kunstenaars is plaaslike, nieprofessionele lede van die gemeenskap met geen musiek- of verhoogagtergrond of -ervaring nie. Hulle sal 18 liedjies in Afrikaans en Engels uitvoer. Die vertoning sal in die Paarl-stadsaal aangebied word.

Paarl-skouspel boots die Skouspel- en Afrikaans is Groot-konsert na deur die deelnemers die geleentheid te bied om hulself op ’n totaal ander vlak te ondersoek en te herbelê. Dit is ’n geleentheid vir deelnemers om ook in die kollig te verskyn.

Hierdie gesinsaand vind 20 September plaas. Kaartjies kos R80 en R50 vir kinders onder 16 jaar. Die gala-aand vind Saterdag 22 September plaas en kos R350 per persoon, wat aandete en wyn insluit.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar deur webpryse, by Pick n Pay, Skêr op Hoof of van die kunstenaars wat via die Paarl-skouspel Facebook-bladsy gekontak kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.