Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Son, skemerkelkies, jazz en laatnagrock

Die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se eerste partytjie om 45 jong jare te vier, bereik ’n jazz-hoogtepunt Saterdagaand 29 Februarie danksy Lungi en Ramon se ongelooflike sang- en klaviertalente.

Hierdie konsert in die intieme Tuinteater aan die voet van die Taalmonument is deel van die instelling se naweek lange fees wat onder meer kindervermaak, ’n pretstap, joga, middagkonsert, rock-tronika-konsert, digkunsklas en mark op die wonderskone Paarlberg insluit.

Lungelo Motaung, oftewel Lungi, is ’n gewilde kunstenaar by musiekvenues en word geprys vir haar vokale reikwydte, verhoogpersoonlikheid en interpretasie van ’n wye verskeidenheid items. Daarna volg Ramon Alexander, ’n musikale maestro wat nuwe lewe in Kaapse jazz blaas met oorspronklike komposisies en vingers wat flatervry oor die klavier se klawers gly.

Die hoofgeleentheid begin om 18:00 en is oop vir enigiemand met ’n dagkaartjie. Boonop sal die Paarl Vallei-eisteddfod se talentvolle musikante met hul klassieke klanke almal van 17:00 af voor die indrukwekkende, simboliekgelaaide beeldhouwerk wat erkenning aan Afrikaans se Europese, Suidoos-Asiatiese en Afrika-wortels gee, in die regte stemming kry.

Die veeltalige, multikulturele naweekprogram beloof om Afrikaans in al sy pragtige gedaantes te laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.

Naas die speelparke en buitelugspeletjies vir kinders sal ’n paar energieke oppassers die jongspan vermaak met ’n poppekasvertoning, gesigverf en meer.

Dagkaartjies kos R80 vir volwassenes en R40 vir kinders onder 13 – dit sluit alle aktiwiteite van 10:00 in. Kaartjies is te koop by die Taalmonument op Paarlberg, by die Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) en aanlyn via Computicket (www.computicket.co.za). Geen eie kos of drank word toegelaat nie. Vir besonderhede oor die 2020-feesprogram, sien www.taalmuseum.co.za/..’n 5 km-pretstap (om 08:00, R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 13) word Saterdag ten bate van die Taalmonument se geletterdheidsprojek gehou. Saterdag se feesdag volg boonop op Vrydagaand, die 28ste, se rock-troniese musiek van die Akkedis Band – Afrikaanse rock met ’n stewige skeut Afrika-, reggae en blues-invloed – asook Die Heuwels Fantasties se futuristiese elektronika ineengevleg met subtiele kitaarelemente en intelligente lirieke.

Drank- en kosstalletjies beskikbaar; onthou warm klere en komberse.

Skakel 021 863 0543/4809 vir inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.