Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Taalmonument, Vriende kyk na Afrikaans se oorsprong

Ter viering van Taaldag bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) asook die Vriende van Afrikaans (VVA) vanjaar weer hul befaamde Ommietafelgesprek op 16 Augustus aan.

Die aand se tema is “Afrikaans se komvandaan?” wat sal fokus op die ontstaan van Afrikaans asook die diverse wortels van die taal.

Dit is deel van die VVA se gesprekreeks waarmee hy ’n forum skep vir mense uit verskillende gemeenskappe en agtergronde en met diverse menings. Op dié manier neem die ATM en VVA op voetsoolvlak deel aan die proses van nasiebou en taalheling. Toegang is gratis en heerlike spys en drank sal soos altyd voorgesit word om ’n prikkelende kuieraand sonder weerga te help verseker.

Die gespreksleier is die ATKV-bestuurder Almero Oosthuizen en die inleier die aktivis dr. Willa Boezak. Almal, veral jonger mense, word genooi om ook ’n bydrae te lewer, hul ervarings te deel en insette te lewer.

Taaldag gedenk die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875. Die GRA het ’n belangrike rol gespeel om Afrikaans as lees- en skryftaal te vestig en het die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, in 1876 gepubliseer. Gaste word daarom aangemoedig om ’n kinderboek – nuut of gebruik – saam te bring vir die VVA se Boektrommelprojek en die ATM se leesprojek, “Laat ons Lees!”

Die geleentheid vind op die Middelvlei-wynlandgoed in Stellenbosch plaas waar die lokaal met ’n wonderlike uitsig op die berge voortreflik deur die plaaswerkers self bestuur en bedryf word. Aangesien plek beperk is, is bespreking noodsaaklik. Kontak Chareldine van der Merwe by chareldinev@vva.atkv.org.za of 021 880 1761/43.

. Besoek www.taalmonument.co.za vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.