Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Vakansiepret vir die jongspan by fees

Die Suidoosterfees, NATi en die KKNK het saamgespan en ’n opwindende kinderteaterproduksie ontwikkel. Pietersielie en Roosmaryn vertel stories! is op 26, 27 en 28 April om 10:30 en 13:30 in Kunstekaap tydens vanjaar se Suidoosterfees op die planke.

Pietersielie en Roosmaryn het ontwikkel uit twee kinderboeke: Prinses Pampoempit deur Bianca Flanders en Faizel en die sterre deur Rafiek Mammon. Dit vertel die verhaal van twee karakters wat die wêreld vol reis met hul towerwoonwa op soek na vriende, boeke en kinders om stories mee te deel. Die produksie fokus op die belangrikheid van verdraagsaamheid, die waardering van mense se uniekheid, om jouself te wees, en natuurlik, die waarde van lees.

Die akteurs Dean Balie en Bianca Flanders is in die produksie te sien saam met poppekarakters wat deur Koos Marais geskep is.

Streng Covid-19-protokol word gevolg. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vir groepspakkette kan Francois gekontak word via e-pos by Francois.Abrahams@media24.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.