Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Vier 2020 se somer met konsert

Die beroemde en geliefde The Rockets is al só ’n instelling by die ikoniese Taalmonument dat hulle weer eens die Paarlberg sal bestyg om die somer en nuwe jaar van 2020 behoorlik te vier.

As jy nog nie hierdie energieke popgroep in lewende lywe aanskou het nie, is Vrydag 24 Januarie die aand wat jy nie kan mis nie; as jy hulle reeds ken, is geen aanmoediging nodig nie. Hul konsert is boonop deels ten bate van die Laat ons Lees!-geletterheids­projek vir kinders, dus word besoekers versoek om enige kinderboeke vir hierdie doel te skenk.

The Rockets is meer as net ’n groep; dis inderdaad ’n musikale instelling. Hulle het al meer as drie miljoen kilometer gereis en voor miljoene aanhangers opgetree en gaan voort om plaaslike sowel as internasionale verhoë aan die brand te sing met hul kleurryke, kompromislose en energieke optredes. Die groep is verlede jaar met ’n Ghoema-prys vir lewensbydrae vereer en sy uitverkoopte vertoning om sy 50ste verjaardag te vier, het ’n Safta-prys vir die beste musiekproduksie ontvang.

The Rockets het al talle CD’s die lig laat sien en is ou bekendes op menige radiostasie – die liedjies van hul jongste Afrikaanse album, Sonskyn, word ook gereeld gehoor. Oud en jonk is mal oor Jerry Watt, Manuel Losper, Ryan Smith, Jano van der Berg en Bruce Newman se strelende stemme wat musiek van die verlede tot die hede tot harmonieuse lewe bring.

Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – net betyds vir ’n pragtige sononder – op die sagte grasperk aan die voet van die monument. Besoekers is welkom om vooraf die monument en beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparke vermaak. Bring jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of bestel een vooraf by die verruklike restaurant by 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, pizza, wyn en bier sal ook te koop wees.

Kaartjies, wat na verwagting vinnig gaan uitverkoop, is vooraf by Computicket en die Taalmonument teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 13 jaar beskikbaar. Onthou ’n kombers of kussing en warm klere. Veilige parkering is beskikbaar (’n pendeldiens vervoer besoekers na die hek) en toegang word beheer. Laastens word geen honde of vure toegelaat nie.

Vir nog inligting oor hierdie en ander opwindende geleenthede (soos die volmaan- en sterrekykpieknieks), skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. Die konserte hierdie seisoen sluit die groot 45ste verjaardagfees (28 en 29 Februarie) asook die Taalmonument-koorfees (14 Maart) in. Meer oor The Rockets by www.rockets.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.