Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Wen kaartjies na Kerskonsert in Goodwood

Lefra-produksies hou vanjaar sy Kersfees-skouspel 14 Desember 20:00 by die GrandWest-arena.

Meer as 15 topkunstenaars gaan in hierdie produksie optree en dit gaan ’n wonderlike Kerskonsert wees in die ware Boney M-styl van Kerskonserte. Noot vir Noot se Jaconell Mouton is weer eens die regisseur en Frans Swart, wat bekend is as regisseur van al die skreeusnaakse pantomime soos My Oom se Vrou se Plekkie is die regisseur, ondersteun deur ’n volle orkes.

Kersfees-skouspel spog vanjaar met die bekendste Suid-Afrikaanse sangers en teatergangers gaan ’n fees van talent sien en hoor, met Alwyn Oberholster, Granville Michaels, Jak de Priester, Joshua na die Reën, Mathys Roets, Monique, Nianell, Pieter Smith, Scott Engelbrecht, Steffie le Roux en Taschè op die verhoog. Lefra het ook pas aangekondig dat die wêreldbekende Leo Sayer Suid-Afrika toe kom in Desember om as internasionale gaskunstenaar op te tree in vanjaar se Kersfees-konserte.

Swart sê hy is baie opgewonde oor die sterk span sangers en musikante wat in Kersfees-skouspel gaan optree.

“Deur die jare was Kersfees-skouspel nog altyd ’n skouspel van klank, kleur, kostuums, musiek, sang en beslis ’n skouspel van Kersmusiek. Kersfees is so ’n wonderlike tyd met die viering van Jesus se geboorte en dit is so ’n voorreg om hierdie produksie net voor Kersfees aan te bied. Ons nooi al ons mense om Kersfees te kom vier met die wonderlikste kunstenaars en die mooiste Kersmusiek wat nog ooit geskryf is.

Mouton sê dit is elke jaar vir haar opwindend om aan Kersfees-skouspel te werk. “Elke jaar het ons nuwe kunstenaars wat ’n totale nuwe dinamika na die produksie bring. Kunstenaars sing duette, daar is lekker groep liedjies en ek wil nie te veel uitlap nie, maar konsertgangers is in vir ’n hele paar verrassings!”

Bespreek nou by Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com. Groepe meer as tien kry afslag – bel Monica by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com. Maatskappye kan ook losies vir hulle gaste of personeel koop – bel Charl by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na charl@lefra.com. Vir nog inligting besoek www.kersfeesskouspel.co.za.V Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie na Kersfees-skouspel by die GrandWest-arena wen. Om deel te neem aan Paarl Post en Lefra se kompetisie, SMS die woorde “LEFRA KERSFEES PAARL POST, jou naam en van, en jou stad of dorp na 33000 (R1,50/SMS). Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com met “LEFRA & PAARL POST KERSFEES KOMPETISIE” as onderwerp. Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.