Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Wêreld se beste

Vyf plaaslike kore neem vanjaar van 4-14 Julie aan die tiende World Choir Games in Pretoria deel.

Die World Choir Games, wat deur die Interkultur-stigting aangebied word, vind vanjaar die eerste keer in Afrika plaas. Hierdie glansgeleentheid is geskep vir nieprofessionele kore van reg oor die hele wêreld om deel te neem en vind slegs elke tweede jaar plaas.

Vanjaar neem 46 lande met 300 kore en 16 000 deelnemers deel.

Die plaaslike kore wat hul slag gaan wys is die Frank Pietersen-musieksentrum se gemengde koor, Hugenote Hoërskool, Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Jongenskool Paarl en die Winelands Kamerkoor.

Die kore vertrek Dinsdag 3 Julie na Pretoria en vir baie gaan dit ’n eerste vliegervaring wees.

Die openingseremonie van die World Choir Games word Woensdag 4 Julie om 19:30 op kykNET (kanaal 146) uitgesaai en beloof om asemrowend mooi te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.