Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wellington
Bergrivier klop Ceres net-net

Bergrivier se eerste span het Saterdag (8 Februarie) op die Weltevrede-sportveld in Wellington Ceres met drie lopies gewen.

Die Boland- 50-beurte-promosieliga-krieketwedstryd is in versengende hitte gespeel, en in 33 grade Celsius het Wellington behoorlik gekook.

Ceres het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Aqeep Douman (30 van 42 balle; 2x4, 1x6) en Conroy Baron (16) het die beurt geopen. Albei spelers is terug kleedkamer toe danksy die boulwerk van Jo-Earn Zimri. Die veteraanspeler/-afrigter Fabian Arendse (2) kon net vier balle trotseer.

Dit het gelyk of die maer jare vir die span van Bergrivier, wat sesde op die punteleer is, sou voortduur, maar toe Devon Claasen (21, 1x4) en Randall April (78 van 89 balle, 12x4) voor die penne was, het dinge vir die manne van Wellington beter begin lyk.

Die ervare April het weer eens sy slag met aggressiewe kolfwerk gewys en baie waarde tot die Bergrivier-span gevoeg. April en Claasen het ’n vennootskap van 52 lopies van 102 balle opgebou.

Bergrivier het uiteindelik 209/9 in sy toegelate 50 beurte aangeteken.

Ceres moes 210 lopies haal om die wedstryd te wen, maar het vroeg twee paaltjies verloor danksy uitstekende boulwerk deur Marshall Dampies. Daniel du Plessis (85 van 115 balle, 5x4) het moedig vir Ceres probeer, maar was ook ’n slagoffer van Dampies en Ceres is vir 207 uitgeboul.

Dampies, wat ’n boulontleding van 5/36 in sy 10 beurte gehad het, is as speler van die wedstryd aangewys.

Bergrivier se volgende wedstryd is Saterdag 15 Februarie teen Young Peoples van Paarl by die Daljosafat-stadion.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.