Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wellington
Donker Jonker gee lig

Teatergangers en aanhangers van dig­kuns kan uitsien na die debuut van Donker Jonker se nuutste produksie in die Bôrdienghuisteater Saterdag 15 Fe­bru­arie.

Wat as ek ek was is ’n eenman­vertoning van aktiewe woordkuns, soos Jonker verkies om sy digwerk te noem. In wese is dit performance poetry, maar met ’n volle teateraanslag waar die digter die rol van akteur oortuigend vertolk.

Wat as ek ek was volg in die spore van Kopkamer, ’n stuk wat beskryf is as die hoogtepunt van die 2019-Solo-studios-kunstefees in die Riebeek-Vallei.

Donker Jonker se regisseur, Mark-Graham Wilson, is ’n veteraan in die bedryf wat al tientalle verhoogproduk­sies gelei het. Hy is al meer as 20 keer benoem vir pryse soos Vita, Fleur du Cap, Naledi, Kanna, Avanti en Safta, waarvan hy verskeie al gewen het. Wat sy televisiewerk betref, was hy onder meer die regisseur van Isidingo en 7de Laan, kunsregisseur van Generations, hoofskrywer van Scandal en storie­skrywer vir Binnelanders.

Wilson beskryf sy werksverhouding met Jonker soos volg: “Ná 35 jaar van spel­leiding oor talle genres heen is dit vir my opwindend om skryfwerk te ontdek wat soveel moontlikhede bied vir unieke teaterinterpretasie. Donker Jonker se gedigte, treffend op papier, is by uitstek geskik vir uitvoering. Die energie en visserale aard van sy uitlok­kende Afri­kaans ontbloot ’n subteks van skroei­ende insig in die menslike toestand. Net so ongewoon is dit om ’n digter te vind wat sy eie werke kan uitvoer sonder persoonlike toegewing of sentiment. Donker Jonker het ’n fyn aanvoeling vir die verhoog en bring ’n rou eerlikheid na diep persoonlike onderwerpe terwyl hy sy gehoor omarm in gemeenskaplike ervaring.”

Die vertoning begin om 20:00. Kaartjies kos R80. Vir navrae of besprekings, skakel 021 873 2786 of stuur e-pos na teater@breytenbachsentrum.co.za. Kontantkroeg is beskikbaar en pizzas sal te koop wees. Musiek van 18:00. Besoek die Donker Jonker- Facebookblad vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.