Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wellington
Herstelwerk by skool deur lang erfenisproses vertraag

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) rig vyf mobiele klaskamers by die Pauw-gedenkskool in Wellington op.

Dit volg nadat ouers van leerders by die skool reeds vier maande terug hul ongelukkigheid oor die veiligheid van die vervalle gebou laat blyk het.

Millicent Merton, ’n woordvoerder van die WKOD, sê herstelwerk aan die gebou het reeds in November 2019 begin.

“Die grootste uitdaging is dat dit ’n erfenisgebou is. Ons het goedkeuring van Erfenis Wes-Kaap benodig om met die heropbou van die skool te begin. Dit het baie tyd geneem,” het Merton gesê.

Tans word die graad 3-leerders daagliks na Wellington Vaardigheidskool geneem om daar onderrig te ontvang.

Die departement dek die koste van die vervoer soggens na dié skool en smiddae terug. Op die vraag of die skoolgebou veilig is vir leerders omdat dit so lank neem om die konstruksiewerk af te handel, het Merton gesê dat die veiligheid van die gebou eers bevestig sal word “ná voltooiing van die werk” en nadat ingenieurs die projek afgeteken het.

Onderwysers bied soms steeds klasse buite op die skoolperseel aan, maar volgens Merton word die kinders nie gedwing nie en verkies hulle dit soms.

Die mobiele klaskamers sal na verwagting teen die einde van Februarie voltooi wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.