Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wellington
Kavaliers dring deur

Die Boland-Kavaliers het sy plek in die kwarteindronde van die Super­Sport­reeks bespreek met ’n 20-12 sege oor die OP-Olifante in Despatch.

Die rustydtelling was 10-0 in die guns van die Kavaliers.

Die uitslag van dié maak-of-breek- kragmeting wat by die WJ de Wet-stadion plaasgevind het, was bepalend wat betref die Kavaliers se lot in die kompetisie. Boland móés die wedstryd beklink om tot die uitspeelrondes van die kompetisie te vorder.

Die span se rotsvaste verdediging was ’n duidelike aanduiding van sy doelge­rigt­heid om dié titel te wen.

Die Kavaliers kon daarin slaag om die tuisspan vir 76 minute sonder enige punte te beperk met die Olifante wat laat in die wedstryd vir die eerste keer deur die Kavaliers se verdediging kon breek.

Die Kavaliers het sy punterekening in die negende minuut van die wedstryd geopen, met ’n strafdoel deur die losskakel Elgar Watts. Kort hierna het Boland sy voorsprong verder gerek tot 10 punte danksy ’n drie deur die woelige loskopstut Arnout Malherbe. Watts het die drie verdoel. Kort ná rustyd het die losvoorspeler Ludio Williams Boland se tweede drie aangeteken, met Watts weereens in die kol met die doelskop.

Verspeelde kanse en ’n gebrek aan afronding het die Kavaliers verhoed om verdere drieë tot sy telling te voeg, maar ’n tweede strafdoel deur Watts in die 67ste minuut het die Kavaliers gerieflik met 20 punte laat voorloop.

Die Olifante het laat in die wedstryd twee drieë aangeteken, met OP se flank Brendon Brown en die haker Mbeko Kota wat albei agter die doellyn gaan kuier het. Simon Bolze was suksesvol met een doelskop.

Puntemakers:

Oostelike Provinsie – drieë: Brendon Brown en Mbeko Kota. Doelskop: Simon Bolze.

Boland-Kavaliers – drieë: Arnout Malherbe en Ludio Williams, Doelskoppe: Elgar Watts (2). Strafdoel: Watts.

.
Die Boland-Kavaliers durf Saterdag 30 Junie die Griekwas in Kimberley aan in een van vier kwarteindronde­kragmetings in die SuperSport-reeks.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.