Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wellington
Klop, klop Klopse!

Die Klopse is ’n eg Suid-Afrikaanse tradisie wat al jare bestaan en ’n ryk geskiedenis het.

Ná sewe jaar van verdeeldheid was die ondersteuners van die Klopse en groepe verlig dat daar uiteindelik eenheid is.

Die kultuurryke gebeurtenis is vanjaar oor drie Saterdae gehou (1 en 15 Januarie en 1 Februarie). Dié dae het op die Boland-stadion plaasgevind. Die geleentheid word ook gekenmerk deur vrolike sang, uitspattige uitrustings en danspassies.

Franscois “Kaballie” Davids, adjunkpresident van SA-rugby, het die proses van vereniging gefasiliteer. Die Klopse-kompetisie is onder die vaan­del van F&S Projects aangebied met altesaam 17 troepe wat deelgeneem het.

Die gemeenskap van Wellington het in groot getalle opgedaag om hul onder­skeie troepe te ondersteun. Troepe het hoë standaarde gehandhaaf en selfs verbeter – dit is duidelik dat Draken­stein baie talent het.

Met die laaste dag van die kompetisie is daar gekyk na die senior tamboer­majoor en ’n senior gekombineerde lied is gesing. Fabulous Pearlites se Ismaeel “Smiley” Dean het sy eerste plek as senior tamboermajoor losgedans. Die senior gekombineerde lied het ook aan Pearlites ’n eerste plek besorg.

Die algehele wenspan was die Super Stars (1x1ste, 4x2de, 2x3de plekke). Caledonian Roses moes tevrede wees met ’n tweede plek (4x1ste, 2x2de, 3x3de). Hotshots Pelican Sylvanians was derde (3x1ste, 2x2de, 2x3de plekke). Fabulous Pearlites het vierde geëindig (2x1ste, 2x2de, 2x3de plekke).

Daar is beslis ruimte vir verbetering, want daar was baie minder nommers as in die verlede as gevolg van tyd.

Die senior solo was een van die hoogtepunte in die verlede, maar was nie een van die nommers op dié program nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.