Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wellington
Leerders leer meer by ‘oues’

Weltevrede Sekondêr het ’n baie bedrywige Oudstudente­bond wat ’n passie het vir sy ou skool en die “WeeTee”-leerders.

Dié bond poog jaarliks om iets spesiaals vir die matrieks en hul ouers aan te bied.

Saterdag is ’n formele ontbyt vir gaste voorgesit. Die doel was dan ook om die leerders aan die korrekte etiket by ’n formele geleentheid bloot te stel.

Hulle is op ’n voorgereg en hoofgereg getrakteer en die maal is met ’n soetigheid afgesluit.

Rodger Adams, die huidige voorsitter, het ook as sere­mo­nie­meester opgetree. Die skrif­lesing en gebed is deur pastoor Eben Mouries behartig. Die gasspreker was ’n leerder, Johan Links, wat tans hoofseun van Bergrivier Sekondêr is.

Hy is ’n jong man wat uit baie moeilike omstandighede en swaarkry sy lewe kon omkeer om bo sy omstandighede uit te styg. Sy dinamiese aanbieding het groot aanklank by die gehoor gevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.