Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wellington
Mnr. SA op pad na Filippyne

Wellington se Mnr. SA, Heinrich Gabler, sal eersdaags Suid-Afrika internasionaal by die Manhunt International-skoonheidskompetisie in Manila in die Filippyne verteen­woordig.

Gabler, wat in die Andrew Murray-kinderhuis grootgeword het, is in Junie 2019 as Mnr. Suid-Afrika gekroon. Hy verduidelik dat die wenner van Mnr. Suid-Afrika die land by Manhunt International moet verteenwoordig. Vanjaar word die 20ste Manhunt International van 15 tot 23 Februarie gehou.

“Dit is vir my ’n ongelooflike groot voorreg om Suid-Afrika te kan verteen­woordig. Ek sien meestal uit om verhoudings te bou met die ander deelnemers van oor die wêreld,” het Gabler gesê. Volgens hom gaan die deelnemers ’n week voor die gala-aand in Manila ’n paar uitdagings voltooi, foto’s in swemdrag neem en alles oefen waarop hulle beoordeel gaan word.

Daar gaan ook van 1 Februarie tot en met die gala-aand geleentheid wees vir die publiek om vir hul gunstelingdeelnemer te stem. Die publiek kan op Manhunt International se Facebook-blad vir Gabler stem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.