Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Paarl Post
Benoem jou sportster nou

Inskrywings vir Paarl Post en SuperSport se jaarlikse Let’s Play-sportster van die maand is steeds in volle swang.

Paarl Post  sal in samewerking met dié trotse vennoot elke maand 'n jong sportster uit die streek vir of haar prestasies vereer. Elke maandelikse wenner sal 'n opwindende geskenkpak, geborg deur SuperSport, asook blootstelling in die koerant ontvang.

Die maandelikse wenners kwalifiseer ook outamaties vir Paarl Post se SuperSport-sportster van die jaar-prys wat aan die einde van elke jaar by ’n prysuitdelingseremonie oorhandig word.

Dié geleentheid word jaarliks op televisie uitgesaai.

Alle plaaslike skole, asook sportklubs, afrigters en ouers, word genooi om enige jong sportster wat nog op skool is, vir dié gesogte eerbewys te benoem.

'n Sportster word elke maand tot Desember vir die kompetisie benoem.

Die sportkodes kan enigiets onder die son wees – hetsy ’n spansport of individueel. Leerders wat in meer as een sportkode uitblink, kan ook inskryf.Almal word gevolglik genooi om solank hul sportsterre vir Augustus te begin noem.

Stuur die kandidaat se naam, beste prestasies, kontakbesonderhede en skool of sportklub se naam met 'n foto van die sportster per e-pos na Ross Michaels by sport@paarlpost.co.za of kontak die redaksiespan by 066 484 3728. 

Meer oor:  Wellington  |  Paarl  |  Supersport  |  Sport  |  Toekenning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.