Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Paarl Post
Gemeenskap staan op teen dwelmsmous
Tall is beseer toe chaos losgebars by Magnolia-woo

Een man is dood en nog talle ernstig beseer toe chaos losgebars het in Paarl-Oos vandag, toe die gemeenskap hul stemme dik gemaak het teenoor dwelmsmouse in die gebied.

Volgens ‘n betroubare bron het die gemeenskap van Magnolia-woonstelle toegesak op die woning van volgens hulle ‘n bekende dwelmsmous wat veral goedere onder die jeug versprei.

Hulle het klippe en bottels na die woning gegooi waarna verskeie skote vanuit die woonstel op die skare geklap het.

Twee strydende faksies het toe ook inmekaar gevlieg met messe en pangas waartydens talle beseer is.

Paarl-Oos polisie het by navraag in ‘n Whatsapp boodskap gesê dat die polisie omstreeks 11:30 vandag 'n klag ontvang van 'n skietery in Magnolia. Met die aankoms op die toneel wou niemand met die polisie praat nie en hulle het vertrek. Na 'n rukkie is die polisie weer na Magnolia ontbied, waar hulle gevind het dat een persoon in albei bene geskiet is en 'n skare mense wat onder mekaar baklei.

Mense is met pangas aangerand en met klippe gegooi.

Die polisie het ingetree en nadat hulle die skare onder bedwang gebring het is daar ontdek dat 'n nog ‘n persoon in die kop geskiet is en dat ongeveer agt mense veelvuldig wonde opgedoen het toe hulle met pangas en klippe aangeval is.

Al die slagoffers is per ambulans asook privaat voertuie na die Paarl-hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem. Die klagtes teen hulle is nog nie bekend nie.

LEES VOLGENDE WEEK VERDERE BESONDERHEDE IN PAARL POST.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.