Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Paarl Post
Paarlse spogplaashuis brand
Die plaashuise op die plaas Eben-Haëzer in Klein D

'n Geweldige geskiedenis-ryk plaashuis op die plaas Eben-Haëzer in Klein Drakenstein, Paarl, is in die vroeë-oggendure op Donderdag 16 Januarie in ’n reusebrand verwoes. 

Nooddienste het om 04:00 ’n noodoproep gekry waar munisipale brandweer en die Drakenstein-plaaswag ontbied is om die brand te beheer.

Die hoofhuis en ’n kothuis, wat later gebou is, is in puin gelê. 

Volgens Patricia Combrink, die eienaar van die plaas Louise Breugem (81) se dogter, was haar ma saam met twee gaste in die hoofhuis.

’n Kothuis wat op die plaas deur 'n gesin gehuur word het egter eerste begin gebrand.

Combrink vertel die hoofhuis het ook as ’n gastehuis gedien en ’n gas het haar ma wakker gemaak.

“My ma is met net haar nagklere, japon en selfoon daar uit,” sê sy. 

Sy vertel haar ma het flinkgedink en het nooddienste ontbied, sproeiertjies wat die grasdak natmaak aangedraai en die Cheetah-plaas langsaan in kennis gestel.

Die bejaarde vrou is toe na ’n plaaslike hospitaal vervoer vir rookinaseming, maar is intussen na ’n hospitaal in Panorama in die noordelike voorstede oorgeplaas.

Combrink vertel haar ma het Donderdagoggend ’n ligte hartaanval gekry maar sy sê haar ma sterk goed aan.

“Sy is werklik net baie bly niemand het ernstig seergekry nie,” voeg Combrink by.

Derrick Peceur, operasionele brandweerhoof van Drakenstein Brandweer, het gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Meer oor:  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.