Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Paarl Post
TRAGIES: Brand eis twee in Fairyland
Brand in Fairyland, Paarl-Oos. Foto: Verskaf


’n Verwoestende brand het tragies vanoggend omstreeks 01:00 twee persone se lewens in die informele nedersetting Fairyland in Paarl-Oos geëis. Nog 'n man wat in dieselfde huis woon, is tans in die hospitaal met ernstige beserings.

Die slagoffers is Denolene Williams (12) en haar oupa, Hendrik Jacobs (in sy sewentigs). 

Vernie Demas is ernstig in die brand beseer toe hy en sy vrou Doranda Williams die kinders Gerswin Williams (9), Desiree Williams (4) en jongste Vernocia Williams (2) na veiligheid neem. 

’n Familielid, wat gevra het om anoniem te bly, was kortliks daarna op die toeneel. “[Vernie] het gesê hy kon nie vir haar uitkry nie. Ek was hartseer en kwaad gewees. Dit was baie hartseer gewees, want sy was alleen [agter] met haar oupa in die hok gewees. Ongelukkig het die brandweer te laat opgedaag,” vertel hy. 

FOTO: Ross Michaels
Heelwat huise is vernietig. FOTO: Ross Michaels

Vernie sterk tans aan in die hospitaal. Sowat 14 ander huise is ook in die brand vernietig. Die oorsaak van die brand is nog nie aan Paarl Post bekend nie. 

Heelwat huise is vernietig in die brand. FOTO: Ross Michaels
Heelwat huise is in die brand vernietig. FOTO: Ros
Hier is 'n man besig om die rommel en as skoon te maak, terwyl 'n munisipale amptenaar met 'n gemeenskapslid gesels. FOTO: Ross Michaels

Lees meer in die komende Donderdag se Paarl Post

Meer oor:  Paarl  |  Tragedie  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.