Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rapport
Luister hier na Rapport se podsending: ‘EFF was groot verloorders by staatsrede’
rapport regstreeks

Die EFF was Donderdagaand met die staatsrede die groot verloorders.

Só sê Pieter du Toit, adjunkredakteur van News24, op Rapport se nuwe podsending, Rapport Regstreeks, waarvan die jongste episode Vrydag vrygestel is.

Die gesprek is gelei deur Waldimar Pelser, wat saam met Pieter Malan om die beurt aanbieder is van Rapport Regstreeks.

Pelser se ander gas vandeesweek was Dawie Boonzaaier, politieke joernalis by Rapport.

’n Nuwe episode van die podsending word elke week opgeneem en is beskikbaar oral waar ’n mens na podsendings kan luister.

Lesers van Netwerk24 kan bloot op die skakels in hierdie storie kliek.

Alles van onteiening sonder vergoeding, groot sportstories, die toekoms van Afrikaans en die stand van die ekonomie kom aan die beurt.

Rapport het vir Waldimar en Pieter Malan gevra:

Hoekom doen julle dit?

Ons het die afgelope paar jaar hard gewerk om Rapport se meningsblaaie te vestig as ’n plek waar daar gaan taboes is of onderwerpe wat té polities sensitief is om oor te praat nie, waar mense vergader en die geleentheid gegee word om reguit hul sê te sê – ook as hulle behoudende waardes aanhang. Ons lesers weet dit, maar ons moet ook harder werk om dié geleenthede vir gesprek te skep op platforms buite ons tradisionele papier- of internetpublikasies.

In die podsending-omgewing bestaan dié spasie reeds, veral in Engels. Ons wil deelneem aan die Afrikaanse gesprek.

Rapport die koerant en Rapport Regstreeks die podsending moet mekaar ondersteun en aanvul. Die een bestaan om op die ander te voed (maar nie te kannibaliseer nie). Ideaal gesproke is dit nie koerant of potgooi nie. Dis koerant én potgooi.

Waar luister ek na Rapport Regstreeks?

Op jou foon, tablet of rekenaar.

Watter program of app gebruik ek?

As jy luister op ’n rekenaar, gaan na www.iono.fm en soek in die soekbalkie na “Rapport Regstreeks”. Kliek, kies ’n episode, of teken in.

En op my slimfoon of tablet?

Daar is ’n magdom uitstekende toepassings (oftewel apps) vir potgooie. As jy ’n Apple-foon gebruik, soek vir Rapport Regstreeks op Apple Podcasts (kliek hier). As jy ‘n Samsung or ander Android-foon het, beveel ons aan Google Podcasts, Spotify  of PocketCasts.

Jy kan ook luister op iono.fm se webblad.

Hoeveel data gebruik dit?

’n Episode van 20 minute gebruik sowat 9MB se data.

Meer oor:  Podsending  |  Rapport Regstreeks  |  Eff  |  Staatsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Rapport Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.