Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
50 produksies op Vrynge
Albert Smith het al die pad van London gekom om plaaslike gehore te kom vermaak met sy Vetkoekstories.

Die Vrystaat Kunstefees se Vrynge het sedert sy ontstaan drie jaar gelede met rasse skrede gegroei en bied vanjaar ’n rekordgetal produksies en slypskole deur ontluikende kunstenaars en beroepspraktisyns.

Die program spog met 50 produksies waarvan 12 reeds op die eerste dag van die fees te sien sal wees.

Michael Garbett, koördineerder van die Vrynge, meen dit verseker dat feesgangers uit die staanspoor reeds ’n wye verskeidenheid het om van te kies.

Hy sê die organiseerders het by jong opkomende talent en gevestigde kunstenaars die behoefte geïdentifiseer aan ’n platform om eksperimentele werk op gehore uit te toets.

Garbett sê die debuutproduksie Imvuselelo The Revival sal die gees van Afrikanisme deur inheemse musiek­instrumente en be­weging uitdra.

Die fees sal die eerste keer ook babateater met Babah na gehore bring. Dié produksie is spesifiek vir babas van tussen 4 en 12 maande oud geskep en kan hul eerste ontmoeting met die teater wees.

Babah beloof om ’n unieke sensoriese ervaring vir die baba te skep.

Nog ’n opwindende aanbieding op vanjaar se Vrynge is die eerste voorlesing van die Britse dramaturg Hassan Mahamdallie se nuutste toneelstuk, Orphans: The Spaghetti House Three.

Hassan gebruik plaaslike akteurs om sy stuk voor te lees en die reaksie van die gehoor te toets. Dit is met ander woorde ’n wêrelddebuut op die Vrystaat Kunstefees.

In Vetkoekstories sal die gehoor saam vetkoek bak en só lekker kan kuier, gesels en hul ervarings met ander mense kan deel.

Elkeen in die gehoor kan sy of haar eie vetkoek maak en eet, of dit met iemand deel, terwyl die interaktiewe aanbieding Versnit/vers nut oorspronklike poësie met verskillende wyn­kultivars kombineer.

Vir die hele gesin is daar Die laaste sprokie, Slightly Nutty en Werner Creates Storiesmakers.

  • Die Vrynge duur van 7 tot 14 Julie en die res van die kunstefees van 8 tot 14 Julie. Kry die volledige program by www.vrystaatkunstefees.co.za.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Kunstefees  |  Vrystaat Kunstefees  |  Feeste  |  Stronk  |  Drama  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.