
Erick Strydom en Charl Henning is te sien in Tok-Tok. Foto: Erick Strydom
Tok-Tok. Geen gesproke taal. Geen teks. Maar van 5 maande tot 105 kan dit saam geniet!
Waarlik!
TokTok het as dramaproduksie beduidend gegroei van die Vrynge-fees tot ’n eie aanbieding in die Albert Wessels-ouditorium.
Die drama handel oor die ontmoeting tussen twee vreemdelinge en hoe hulle ’n impak op mekaar se lewens maak.
Charl Henning en Erick Strydom wat die rolle van hierdie twee vreemdelinge vertolk, uiter egter gedurende die produksie nie ’n woord nie.
Selfs dowe mense kan Tok-Tok volkome geniet.
Tok-Tok is enig en hierdie unieke verhaal word deur visuele- en oudio-stimulasie oorgedra.
Dit maak dit toeganklik vir enige persoon van enige taalgroep en ouderdom om na hierdie toneelstuk te kyk.
Selfs dowe mense kan Tok-Tok volkome geniet.
Wat uitdagend vir hierdie twee plaaslike akteurs was, was om die verhaal duidelik oor te bring deur slegs van liggaamstaal en innerlike dialoog gebruik te maak. Dit het maande se ontwikkeling en sweet geverg.
As ’n onafhanklike toneel-opvoering ervaar hulle die ondersteuning van feesgangers goed, maar hulle sal graag meer mense wil bereik.
Vanuit die perspektief van die Bloemfontein se dramakultuur, is Charl en Erick van mening dat mense moet terugkeer na die teater om bande met die gemeenskap te bou.
Daar is ’n behoefte aan meer oorspronklike en toeganklike teater.
TokTok wys weer vandag om 10:00 in die Albert Wessels-ouditorium. Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R60 vir skoliere.