Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Boo!tiful in Bloemfontein

Chris Chameleon is lief vir die Vrystaat en die Vrystaat Kunstefees is gaande oor hom.

Hy keer graag jaarliks terug na dié fees met die “koue weer” en “warm gehore”.

Vanjaar wys die verkleurmannetjie behoorlik sy verskillende kleure en veelsydigheid in drie produksies.

Flennie die Snare, met toonsettings van Boerneef se werke, is een van drie produksies waarin Chris Chameleon optree. Van links is Da-niella Deysel, Chris en Anna Davel. Foto: Conrad Bornman

En dit verg goeie boorbereiding en tydsbestuur.

Flennie die Snare wys vandag om 10:00 en môre om 20:00 in die Sand du Plessis-teater, waar Chris die geleentheid kry om saam met Anna Davel, Johny Klein asook sy eie geliefde, Daniella Deysel, te werk.

“Ek en Anna het in die verlede al saamgewerk aan die rolprent Suurlemoen. Sy is veel ondeunder as wat sy lyk en ook ’n bitter snaakse mens. Ons is dol oor haar”.

Chris sê Johny is ’n uitstekende akteur en sy dele in Flennie die Snare is van die heel beste en snaakste.

Flennie die Snare word gelei deur Frans Swart wat ook die teks versorg het. Jaconell Mouton het die musiekverwerkings behartig.

Chris sê: “Ek moes slegs twee liedere komponeer en verder my woorde en die ander liedere leer. Dit was eintlik redelik maklik en groot pret. Ek is al jare lank ’n akteur en woorde leer kom maklik.”

Die produksie CH3 met Chris Chameleon & CH2, is enig in sy soort met die kombinasie van Chris Chameleon se geniale lirieke en stemgebruik tesame met die briljante komposisies deur CH2.

Volgens Chris is hierdie produksie ’n veel groter uitdaging want hulle moes mekaar in die musiek vind.

Chris het drie van CH2 se werke in liedere omskep deur teks en sangmelodie daarvoor te skep.

In November trou hy en Daniella in die Vrystaat. Dit is vir hom die mooiste plek op aarde en daarom trou hulle hier.

Dit was vir hom ’n plesierige proses wat hom geïnspireer het om nog meer sulke werke te skep.

“Elke lied is ’n verrassingspakkie. Ek weet nie wat hulle met my werk gaan doen nie en hulle weet nie wat ek gaan doen nie, en so verras ons mekaar gedurig.”

CH3 met Chris Chameleon & CH2 wys vandag om 16:00 en môre om 13:30 in die Kopanong-Kovsiekerk.

En dan maak Chris Vrydag (19:30) en Saterdag (10:00) in die Kopanong-Kovsiekerk boo!tiful musiek in sy Chris Chameleon in ’n Boo!tiful geraas.

Hierdie produksie bestaan uit bekende werke wat Chris die afgelope 21 jaar lank al uitvoer.

Die uitdaging was om 21 jaar se rock ’n roll bondig genoeg saam te vat sodat dit in ’n enkele produksie inpas, sê hy.

Soos baie ander Vrystaters geniet Chris die pap, vleis en kaiings op die fees.

In November trou hy en Daniella in die Vrystaat. Dit is vir hom die mooiste plek op aarde en daarom trou hulle hier.

Meer oor:  Stronk  |  Chris Chameleon  |  Vermaak  |  Feeste  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.