Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
‘Daar is ’n verskil tussen ‘Fifty Shades of Grey’ en goeie erotiek’
Leon van Nierop. Foto: Deon Raath

Tristan Hansen, die hoofkarakter in Leon van Nierop se Plesierengel en Katelknaap, bestaan regtig.

Leon vertel hoe hy destyds tydens ’n ete ’n baie aantreklike man ontmoet het wat saam met ’n hooggeplaasde vrou was.

“Hy het my gevra wat dink ek doen hy vir ’n lewe. Ek raai toe lektor, want hy was vreeslik belese. Hy sê toe hy is ’n prostituut.”

So het Leon van Nierop aan Francois Smith vertel op ’n gesprek oor sy nuwe boek, Katelknaap.

Leon vertel hy het Katelknaap as voorloper vir Plesierengel geskryf het.

Plesierengel is die einde van die storie. Toe kom Penguin-uitgewers na my toe sê ek moet voortgaan met die karakter. Hulle sê toe ek moet ’n prequel skryf.”

Destyds was Leon baie huiwerig om Tristan, oftewel die persoon op wie die karakter gebaseer is, se storie te skryf.

Dit is te meganies. Erotiek gaan nie daaroor nie. Dis een siel wat graffiti op ’n ander siel los. Dis erotiek vir my. Pornografie is net ’n handeling.

“Ek was een keer by hom, toe hoor ek hoe hy met iemand op die foon praat. Daar het ek besef hierdie storie moet vertel word. “Die telefoonoproep was met ’n vrou wat by ’n vriendin van sy dienste gehoor het. Sy vra toe of dit waar is dat hy R1 000 vra, waarop hy ja geantwoord het in ’n vreeslike sexy, verleidelike stem. Sy sê toe dat sy slegs R237 het, maar vertel dat sy getroud was met ’n man wat haar mishandel en verkrag het. Sy het gesê dat sy net een keer aangeraak wil word sonder om seergemaak te word.

“Hy het my later vertel dat dit hom ses uur geneem het om die vrou kalm, en later tot ’n orgasme, te kry.”

Francois het vertel dat hy destyds as hoërskoolseun ’n spesiale gawe ontwikkel het om sekstonele in die boeke by Aliwal-Noord se CNA op te spoor. Later het hy besef dat die tonele veel meer oor die erotiek daaragter gaan as oor die fisiese seksdaad.

Volgens Leon gaan dit “nie net oor seks nie”. Dit gaan oor plesier. Oor die konneksie tussen mense. Oor wat in hul koppe gebeur.

Iets soos Fifty Shades of Grey doen vir hom niks nie.

“Dit is te meganies. Erotiek gaan nie daaroor nie. Dis een siel wat graffiti op ’n ander siel los. Dis erotiek vir my. Pornografie is net ’n handeling.”

Meer oor:  Leon Van Nierop  |  Bloemfontein  |  Kunstefees  |  Boeke  |  Feeste  |  Stronk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.