Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
‘Daar’s ’n koek en tert in elk’
Elmé Oosthuizen (Koek, links) en Margo Kotzé (Tert) in die produksie Koek en Tert op die Vrystaat Kunstefees. Foto: Conrad Bornman

Mense moet besef daar is maar ’n koek en ’n tert in alle vroue, sê die jong aktrise Margo Kotzé, oftewel “Tert”.

Die Vrynge-produksie Koek en Tert het Woensdag op die Vrystaat Kunstefees met Kotzé en Elmé Oosthuizen (Koek) as hoofspelers gedebuteer.

“Ons het die teks vir ons vriendinne gegee om te lees en hul terugvoer was dat alle vroue maar ’n bietjie gekoek en getert is,” sê Kotzé.

Sy en die regisseur, Kristin Pienaar, het die teks geskryf. “Ons drie (Kotzé, Pienaar en Oosthuizen) is vriende en studeer saam (drama aan die Stellenbosch Universiteit). Die toneelstuk het sy ontstaan in ons koshuiskamer en gesprekke tussen vriendinne gehad. Hierdie play is eintlik ’n samevatting van ons vriendinne,” sê Oosthuizen.

“ ’n Koek en ’n tert is albei reg en verkeerd. Die koek is eintlik maar die emosionele slet.

“Vroue is wat hulle is, dis ander mense wat etikette aan hulle hang,” sê Oosthuizen.

Kotzé sê mans moet kom kyk waaroor vroue saans in hul koshuiskamers gesels.

* Volgens die twee aktrises het ’n feesganger Dinsdag terwyl hulle plakkate van hul produksie teen die lamppale opgesit het, gevra watter tipe kosstalletjie hulle bedryf.

Twee ander feesproduksies met soortgelyke name is Die koekkabaret (musiekteater) en Vetkoekstories (Vrynge).

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Akteur  |  Toneelspel  |  Tert  |  Teater  |  Koek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.