Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Dagga-teater laat jou giggel en dink
Willem Esterhuyse, regisseur van dié komediestuk, Gril. Foto: Conrad Bornman

Jy kry meer as net dagga in ’n koshuiskamer as jy Gril gaan kyk. Tussen die walms wag ’n vinger in die oog, ’n palmleser wat jou eintlik net wil high five, en Amohelang Katleho Mothale van Orlando, ’n vrou wat sukkel om te gril.

Willem Esterhuyse, regisseur van dié komediestuk, wat aanvanklik vir die hoërskoolverhoog geskryf is, kan nie genoeg van toneelspel kry nie.

“Ek was nog altyd aangetrokke tot toneelspel, al moes ek aanvanklik die vloer vee.”

Sy twee vriende Neville Schubag en Zaskia Pane van Upington het die stuk geskryf.

Gril is vir enigiemand oor 13.

“Tieners sal veral hierby aanklink vind.”

Verlede jaar is sy debuutstuk goed ontvang, en hy het geweet hy moet vanjaar weer iets poog.

Die rolverdeling bestaan uit dramastudente, en te oordeel aan die gehoor se reaksie wink daar ’n blink toekoms op die verhoog vir elkeen van hulle.

Jean Pinneck se reaksie was: “Lief, lief, lief… En kon nie alles volg nie, want ek is Engels, maar die gypsy-vrou was so snaaks; sy het my in trane gehad.”

Die daggagebruik was egter vir sommige te veel.

Die daggagebruik was egter vir sommige te veel.

“Daar was heelwat geïmpliseerde dwelmgebruik gewees. En daar was so ’n bietjie te veel jokes gewees. Die akteurs het goed gedoen vir mense wat leer,” sê ’n anonieme gehoorlid.

Ané Pretorius het weer anders gedink: “Dit was cool; ek het dit geniet. Dit is nie wat ek gedink het dit gaan wees nie. Dit was beter!”

Joanie Smith se kommentaar was: “Dit was ’n interessante benadering. Uhm, baie Willem, as jy hom persoonlik ken. Dit . . . laat jou dink. Hy probeer vir ons die gruwel van regte lewe deur komedie wys, en dit laat ons dink. Ons lag daarvoor maar dis eintlik ’n ernstige feit.”

Was daar regtig dagga op die verhoog?

“Nee, as jy oreganum aan die brand steek, ruik dit nes dagga,” sê Esterhuyse.

Gril het gisteraand vir die laaste keer gewys.

Esterhuyse se ander toneelstuk, What the tuck , waar al die karakters fopdossers is, wys vandag om 16:00 en weer môre om 10:30 by die Vrynge Farm (Creative Kilowat eksamenkamer 2).

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.