Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Diane wil denke verander

Die wêreldbekende kunstenaar Diane Victor stal ’n versameling treffende werke van die laaste 15 jaar uit.

Dit is nie juis ’n retrospektiewe uitstalling is nie, maar eerder ’n retroflektiewe uitstalling omdat dit ’n blik lewer op ’n gedeelte van haar loopbaan, sê sy.

Vandaar die naam van die uitstalling: littleHistory – a retroflection Diane Victor.

Diane Victor by haar werk Better the Devil You Know.Foto: Theunsdu Buisson

In haar drukkuns en tekeninge met as, rook en ink lewer sy skerp kommentaar op die hedendaagse samelewing. Ander werke vang weer haar persoonlike stryd teen ’n oorerflike niersiekte vas. Hiervoor gebruik sy veral die krokodil as ’n simbool vir ons irrasionele vrese. Sy sê die krokodil is op vele maniere relevant vir so ’n vergelyking. Die deel van ons brein wat met die van reptiele ooreenstem, is verantwoordelik vir primitiewe gevoelens soos vrees.

Ander diere wat sy as simbole gebruik, sluit renosters, perde, hiënas leeus en haaie in. Vir haar is die idee dat dit die dierlikheid van mense moet uitbeeld.

Victor is sedert 2001 besig met die Disasters of Peace-reeks. Die titel dui op ’n parallel met Goya se Disasters of War.

In hierdie reeks ets sy kleinerige beelde, almal dieselfde grootte, wat ontstellende gebeurtenisse uitbeeld. Hierin kan ’n mens gebrekkige nuusdekking betreur, en mense bewus maak van die ongelooflike hartseer wat in die wêreld bestaan. Baie van die kunswerke vergestalt juis beelde wat ’n mens eerder in ’n oorlog sou verwag as in ’n “land met ’n wonderlike grondwet in vredestyd.”

Omdat hierdie werke gedruk word, word die boodskap van pyn verewig en aan die hele wêreld uitgedra.

Dit is ook ’n manier om hierdie pyn te verwerk.

“Om dit te onthou is ’n manier om daarmee saam te leef. Deur dit te teken, kan ek myself daarvan suiwer. Al wat ek vir hierdie mense kan doen, is om daarop kommentaar te lewer en dit te dokumenteer.”

Die belangrikste vir Victor is dat haar werke mense se denke verander, selfs al moet dit hulle kwaad maak.

Sy gebruik die voorbeeld van haar kunswerk Give a Woman Enough Ribbon. Dit handel oor ’n MIV-positiewe vrou wat so erg verwerp is deur haar gemeenskap dat sy haar vier kinders versmoor en haarself daarna opgehang het.

“Vyf lewens is verloor, maar dit was slegs drie lyntjies in die koerant werd.”

Die Disasters of Peace-reeks is oorspronklik bedoel om net uit 38 werke te bestaan. Dit lewer steeds kommentaar met ’n oop einde en “ongelukkig gaan dit steeds aan.”

Diane sê korporatiewe instellings koop dikwels van haar werke. Dan word dit buite konteks uitgestal en dit lok soms vreeslike kritiek uit.

Een keer is daar byvoorbeeld gevra dat alle werke wat manlike naaktheid bevat, verwyder moet word. Die beelde wat kindermishandeling uitbeeld, was egter nie ’n probleem nie.

Die belangrikste vir Victor is dat haar werke mense se denke verander, selfs al moet dit hulle kwaad maak.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Vermaak  |  Feeste  |  Kunsuitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.