Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Die strooijonker is dronk

Om ’n dronk karakter te speel was makliker as wat De Klerk Oelofse hom voorgestel het.

Ná meer as ’n jaar wat die eenmanstuk Strooijonker gedebuteer het en dit steeds in aanvraag is, is Oelofse al geoefen om die besope Lukas Basson met oortuiging te vertolk.

De Klerk Oelofse

In die stuk moet Lukas ’n strooijonkerstoespraak by sy beste vriend se troue maak, maar is die kombinasie van hoë emosie en gratis vonkelwyn een te veel.

“Die gehoor kry geborgde Four Cousins-vonkelwyn en ek gaan ook deur twee bottels, wat darem alkoholvry is. Louw (Venter, skrywer en regisseur) en Rob (Van Vuuren, mede-regisseur) se idee was dat die gehoor later moet begin wonder of dit nou die karakter of ek self is wat so gekletter is.

“Hulle gee my nogal baie vryheid met die karakter om soms extreme te gaan of om vir myself te lag soos dronk mense mos maar doen,” sê Oelofse.

Die stuk verskil van ’n konvensionele toneelstuk aangesien Oelofse hom letterlik tussen die gehoorlede bevind en daar in elke vertoning vier gehoorlede (die bruidspaar en hulle ouers) gekies word wat medespelers word.

“Ons wil hê die ervaring moet baie soortgelyk as by ’n troue wees, daarom dat ek nie op ’n verhoog is en die gehoor eenkant nie. Ek groet hulle soos hulle ingestap kom.”

Hierdie is my gunsteling-fees, want hier speel ’n mens in teaters en hier is so ’n groot verskeidenheid.

Oelofse (29) het in 2007 as eerstejaardramastudent die Engelse en oorspronklike weergawe van Strooijonker (The Best Man’s Speech deur Venter) by Grahamstad saam met sy pa gekyk.

“My pa het gesê dis die tipe vertoning wat ek eendag moet aanpak. Louw het dit spesiaal vir my in Afrikaans vertaal. Rob was Louw se regisseur destyds.”

Oelofse is sedert 2012 ’n instelling op die Vrystaat Kunstefees met jaarliks een of twee produksies waarin hy verskyn het. Onder hulle is Woza Andries, Waterpas, Hond se gedagte en Nêrens, Noord-Kaap.

“Hierdie is my gunsteling-fees, want hier speel ’n mens in teaters en hier is so ’n groot verskeidenheid.

“Dis amazing.”

Hy sê hy is gelukkig om heelwat televisiewerk met teater te kan kombineer.

Van sy onlangse televisieverskynings is in Hotel II, Sarah se geheim en Die Boekklub.

“Dis nogal interessant; die jong mense herken my as Boer Jaap in Hotel, die tannies as Lourens in Die Boekklub en die ooms as in Tyrone in Sarah se geheim.

“Ons begin in September aan die derde reeks van Hotel verfilm.”

  • Downstage. Vandag om 13:30 en Saterdag om 19:30.
Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  De Klerk Oelofse  |  Vermaak  |  Teater  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.