Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Dozi en Refentse meng soos poetoepap en kaiings
Dozi en Refentse.

Hamba Julius Malema, hamba man!

Dit was die wit Zoeloe en die swart Afrikaner se boodskap.

Dozi het die Zoeloe geroer en Refentse het die Afrikaans gegooi.

Altwee het hul Zoeloe-drag aangehad. Die resultaat was ’n wonderlike brousel van etniese Suid-Afrikaanse klank.

Dit was ’n lieflike teenvoeter vir Malema se haatspraak wat die land nou tussen wit en swart verdeel.

Dozi en Refentse het Sondagaand in ’n amper vol Kopanong-sentrum as afskop van die Vrystaat Kunstefees opgetree.

Dit was ’n blink idee om die twee saam te gooi. Hulle meng soos poetoepap en kaiings. Jy wil net nog en nog hoor. Dozi het weggespring met “Grassade”, met Mauritz Lotz wat die elektriese kitaar laat ween het.

Toe sing Dozi daai Zoeloe-lied “Umlando ka Mfundisi” wat hom beroemd gemaak het.

Dit was ’n blink idee om die twee saam te gooi. Hulle meng soos poetoepap en kaiings.

“Ek het dit die eerste keer in die Workshop in Bloemfontein gespeel,” het Dozi gesê. Dis waar mense hom jare terug leer ken het. Refentse het in Zoeloe en Afrikaans saam met hom gesing.

“Met liefde,” het Refentse gesê toe Dozi hom nooi om saam te sing. In daai donker, soet Afrikaans van hom.

Die Zoeloe-minnelied “Ndihamba Nawe” was ook soos ’n pot lekker bier op ’n warm somersdag. Oeg, en hulle het hom goed vet gesmeer.

Kerkorrel se “Halala Afrika” het die mense laat saamneurie tot die beeste huistoe kom.

Met Dozi se ander groot treffer “Tussen jou en my lê daar ’n berg” het die twee saam-saam die berg van gepynigde liefde geklim.

Valiant Swart se “Sonvanger”, Lucas Maree se “Victoriabaai” en Koos Kombuis se “Lisa se klavier” was van die groot songs in Afrikaans wat die twee mooi gemaak het.

Lotz het self sy kitaar op Klipwerf-tunes laat dans.

Met “Ou Ryperd” het hulle die skare amper op ’n galop gekry. Amper, want dit was koud. Maar die mense se harte was vuurwarm. En iewers, iewers het Malema getjank van verdriet. Want hier in Bloem was ’n beweging aan die vorm wat sy haat laat ontspoor.

Meer oor:  Refentse  |  Dozi  |  Bloemfontein  |  Kunstefees  |  Vrystaat Kunstefees  |  Feeste  |  Musiek  |  Stronk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.