Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Fees skop af met ’n vurige waterdebat
Anna-Mart van der Merwe, Andrew Laubscher, Nicole Holm en Richard September in toneel uit Swerfgoed.Foto: Conrad Bornman

Vanjaar se fees het Sondagmiddag in die André Huguenet-teater aktueel en met ’n vurige waterdebat afgeskop.

Suid-Afrika word in ’n oorlog gedompel en die enigste uitweg en redding is water. Water is so skaars soos hoendertande en dit is gewoonlik in sulke krisistye wat mense se ware kleure uitkom.

Met die versmelting van die genres tragedie en komedie kry Bauke Snyman dit goed reg om in sy drama Swerfgoed ’n illusie te skep van ’n Suid-Afrika in die nabye toekoms, waar mense selfs sal moor om water te bekom.

Die legitimiteit van hierdie dramastuk as ’n eietydse dokument kan aan die hand van die aktuele vraagstuk van waterskaarste in Suid-Afrika geïnterpreteer word.

Hierdie produksie kon nie op ’n meer gepaste tyd sy debuut maak nie. Terwyl “Dag Zero” op almal se lippe was en die watertoestand daagliks in die Wes-Kaap versleg het, het Swerfgoed sy debuut op die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (29 Maart – 4 April) gemaak.

Die aktrise Tinarie van Wyk Loots, wat as die beste aktrise op verlede jaar se US-Woordfees vir haar spel in Wild aangewys is, het met Swerfgoed haar regiedebuut gemaak.

Die geloofwaardigheid van die bekroonde akteurs en aktrises in die rolverdeling, Anna-Mart van der Merwe, Nicole Holm, Richard September en Andrew Laubscher, dra by tot die realiteit van waterskaarste en watertekort wat wel ’n groot toekomskwessie is.

Swerfgoed was gister die tweede en laaste keer op die Vrystaat Kunstefees op die planke.

Wild is nog die hele week op die planke.

Meer oor:  Anna-Mart Van Der Merwe  |  Bloemfontein  |  Kunstefees  |  Vrystaat Kunstefees  |  Fees  |  Stronk  |  Drama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.