Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
‘Fotostaatmasjien’ klink op in stereo

Met blou hare, helder grimering en ’n weerligstraal op die rug lyk dit of Willemien Rust en Jude van der Wat sopas van ’n ruimteskip afgeklim het. In hulle musikale teaterstuk, Fotostaatmasjien Oorgeklank, word gehoorlede op ’n reis na ’n ander wêreld geneem – die wêreld van Bibi Slippers en haar digbundel, Fotostaatmasjien.

Bibi Slippers is in Bloemfontein gebore en haar gedigte spreek van popmusiek, Instagram, fietse en hanslammers. Dit is duidelik haar medialoopbaan én haar kinderdae beïnvloed haar gedigte.

Jude van der Wat, Bibi Slippers en Willemien Heyns.

In Fotostaatmasjien Oorgeklank laat kom Willemien en Jude met hul toonsettings Bibi se gedigte tot hul volle reg.

Dit word gedoen met behulp van ’n klawerbord, harp en sang wat Bibi se strelende stem komplimenteer.

Dié getoonsette gedigte vertel hoe alles in die wêreld eintlik ’n kopié van iets anders is.

Verder verken Bibi in haar gedigte ook dinge soos Instagram en fotografie om jou eie emosies te dupliseer.

So dupliseer Willemien en Jude ook bestaande liedjies om by die tema van die fotostaatmasjien te bly. Hulle resoneer met mekaar op ’n musikale vlak, maar elkeen is ook ’n fotostaat van mekaar se weerloosheid.

Hulle gebruik hierdie weerloosheid om ’n produk te lewer wat skoon, teer en waarlik mooi is.

Willemien en Jude se kontrasterende diep en fyn stemme vleg en smelt inmekaar.

Jy word meegevoer na ’n wêreld van klanke – van ratte en tikmasjiene en die harp wat die klank van ’n fiets naboots en liggies op die soom van die gedig ry. En jy as gehoorlid wil opklim en weer en weer saamry. 

  • As jy ook ’n poësieliefhebber is, kan jy een van Bibi se gedigte uit haar digbundel voorlees en ’n stemboodskap of video van jou voorlesing opneem en op Instagram (@oorgeklank) of Facebook (Fotostaatmasjien Oorgeklank) deel.
Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bibi Slippers  |  Vermaak  |  Teater  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.