As jy wil weet wat die skrikwekkendste, stinkste, grootste, vreemdste en mees buitengewone plekke in die sonnestelsel is, vat die pad na die Naval Hill-planetarium.
Mariette Erwee en Marike Stander het dié inligting in die volkoepelprent Solar System Extremes (13 en 14 Julie om 16:00) saamgevat. Hulle is ook die skrywers van Mission to Mars wat die toestande op Mars met dié op die aarde vergelyk met die oog op die kolonie wat ons op dié planeet wil vestig.

Solar System Extremes.
Mense wat in die sterre belangstel, kan gerus ook die datum 27 Julie in gedagte hou – Mars is dan sedert die afgelope 19 jaar die naaste aan die aarde.
Die tweede Afrikaanse volkoepelprent in die planetarium word vandeesweek die eerste keer vertoon met die stemme van die Bloemfonteinse akteurs Hilletje Möller-Bashew en Erick Strydom (14 Julie om 14:00).
Daar buite is ’n vertaling van Out There, wat deur die Switserse vervoermuseum se planetarium en die Europese ruimteorganisasie vervaardig is.
Die ontdekkings in die kosmos het tot nou die wildste verwagtinge van wetenskap-
likes en wetenskapfiksieskrywers oortref en dié inligting word met die publiek gedeel deur volkoepelprente in die planetarium in Bloemfontein.
Ook te sien is Phantom of the Universe (12 Julie 16:00); From Earth to the Universe (13 Julie 12:30). R30 by Computicket.
Die kindervertoning Ruimtevorms (13 Julie 14:00, R30) is gemik op drie- tot sesjariges. Dit is ’n vertaling van Space Shapes.
Kaartjies vir hierdie vertonings wissel tussen R20 en R60, en hang af van die gekose vertoning. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.