Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Gordyn lig vir Vrynge

Daar is vanjaar ’n rekordgetal­produksies vir Vrynge op die Vrystaat Kunstefees.

Dit is vanjaar die derde keer dat Vrynge aangebied word.

Die program spog vanjaar met 50 produksies en daar is 12 om van te kies.

Loané van Sandwyk in Die Hammers.

Stella Nortier, ’n meestersgraadstudent in drama en teater aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is die regisseur van twee produksies, Road Tripen Geskeurde Vellies. Sy speel ook in die produksie Gril.

Geskeurde Vellies is ’n debuutstuk wat deur Nathan de la Ray geskryf is en deur Stella en Raymond Taylor verwerk is. Dit is ’n plaasdrama wat gegrond is op ware gebeure.

Road Trip is ’n komedie oor twee studente wat handel oor vriendskap, gebroke verhoudings en huishoudelike omstandighede. Die teks is geskryf deur Ilne Fourie en deur Raymond en Stella verwerk.

Versnit/Vers nut is ’n multi­mediaproduksie deur Maanvrou, die skrywersnaam van die amateurdigter Elzette Boucher. Dié woordkunsproduksie is ’n vermenging van oorspronklike digkuns ingedeel volgens wynvariëteite. Die verse word vergesel van beeld en klank.

Loané van Sandwyk bring ’n eenvrouvertoning, Die Hammers, na Vrynge.

Sy sê dié vertoning gaan daaroor dat elke mens onseker is en dat ons net daaroor moet praat. Sy speel die rol van elke lid van die Hammer-gesin en weerspieël daarmee elkeen se onsekerheid op een of ander manier.

’n Wêreld-eerste op vanjaar se fees is die lees van die toneelstuk Orphans – the spaghetti house tree deur die Britse dramaturg Hassan Mahamdallie.

Dance Exchange word vanjaar vir die eerste keer op die fees aangebied. Dit is ’n werksessie in die Vrynge Farm.

Vrynge-deelnemers gaan vanjaar onthou as ’n mengelmoes van werksessies en besprekings.

Dié projek word deur die Na-sionale-kunstetrust befonds en fokus daarop om jong dansers te ontwikkel. Die Kaapse choreograaf Kirvan Fortuin sal die werksessies behartig.

Kontemporêre dansers en choreograwe wat werksessies wil bywoon, kan ’n e-pos na georgina@­danceforum.co.za stuur of navrae rig deur 011-673-0035 te skakel. Die eindproduksie word op 14 Julie in die Vrynge Farm vertoon.

As jy ’n dag vir die hele gesin soek, mik vir Die laaste sprokie, Slightly Nutty enWerner Creates Storiesmakers. Die Story of Adam & If en What a Difference Jazz Makes beloof om die gehoor op ’n ritmiese avontuur weg te voer.

Vrynge-deelnemers gaan vanjaar onthou as ’n mengelmoes van werksessies en besprekings. Een van die nuwe toonvensters op vanjaar se fees is Vlieks, waar nuwe kortfilms deur jong, innoverende filmmakers vertoon word.

Bark – BArch non fiction films deur die honneursstudente van die Universiteit van die Vrystaat bevat tien van die treffendste en sinrykste flieks wat onder twee temas verdeel is.

In Katgriep plaas ’n onaangename woonbuurt druk op ’n jong man met groot drome. Hy beraam ’n onderduimse plan om vinnig pad te gee, maar besef dit is moeiliker om jou van jou tuiste los te maak as wat hy gedink het.

Dié rituele en maatskaplike dramas bevat vyf kortprente van twee minute elk wat verkennend kyk na die verandering wat die verlede, die hede en verbeelde dramas op die universiteitkampus meegebring het.

In Death by Glass, onder die regie van Shawn Raymond, roep ’n jong man om hulp na sy twee beste vriende toe hy besef albei sy niere is weg. Hy en sy vriende beleef ’n onvergeetlike dag, maar nou dat sy niere veilig in ’n glas laevet melk is, besluit hy om op ’n fabelagtig-morbiede wyse die emmer te skop!

The First Week, met regie deur Luke Mason en met Carel Nel en Jessica Erwin in die rolverdeling, handel oor ’n man wat gekonfronteer word met skielike gehoorverlies.

Hy moet vinnig leer om hom aan te pas as dowe, maar gewaar die stremming wat dit op sy huwelik het.

Ean Bezuidenhout se Seeker’s Veldt speel af in die laaste dae van die Anglo-Boereoorlog in 1901 en 1902.

’n Britse militêre kaptein is hierin op soek na ’n verraaier. Wat hy kry, voldoen nie aan sy verwagtinge nie.

In Katgriep plaas ’n onaangename woonbuurt druk op ’n jong man met groot drome. Hy beraam ’n onderduimse plan om vinnig pad te gee, maar besef dit is moeiliker om jou van jou tuiste los te maak as wat hy gedink het. Jacques Cloete hanteer die regie.

Helen Namponya en Sam Sethuntsa span kragte saam in die prent Class-A-Gigolo waar jong mans en vroue hul lywe “verkoop” om vir hul studies te betaal.

In Pik en Graaf, onder die regie van Vincent de Koker, besluit twee vriende wat steeds by hul ouers woon om weens onverkwiklike omstandighede uit te trek.

In hul strewe na onafhanklikheid bevind die twee vriende hulle op ’n ontdekkingstog van die lewe en die gevolge wat regte en verkeerde besluite kan inhou.

  • Sommige produksies het ouderdomsbeperkings. Maak seker voordat jy kaartjies by Computicket koop. Die volledige program is op www.vrystaatkunstefees.co.za.
Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Feeste  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.