Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Grondhervorming onder loep op UV-gesprekreeks
Prof. Francis Petersen is een van die sprekers op die Universiteit van die Vrystaat se gespreksreeks op vanjaar se kunstefees. Foto: Deon Raath

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan in sy gespreksreeks op die Vrystaatse Kunstefees die allerbelangrike tema van grondhervorming aanpak.

Die gespreksreeks word Donderdag op die kampus aangebied.

Die UV sê grondhervorming is ’n onderwerp van nasionale belang, en daarom het ’n hoëronderwysinstelling die verantwoordelikheid om tot die openbare diskoers by te dra.

Die UV streef daarna om debatte te voer wat die potensiaal het om die koers van die onderwerp te verander.

Prof. Francis Petersen, rektor, sal die verwelkoming doen waarna grondhervorming en menseregte die agtergrond sal vorm van die temas wat deur die paneel aangedurf gaan word.

Temas rakende menseregte en die Grondwet, grondrestitusie, grondhervorming op kommunuale grond onder die bestuur van tradisionele leiers asook die moontlike impak van onteiening sonder vergoeding sal onder die loep kom.

Prof. Philippe Burger, waarnemende dekaan van die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe, sal die inleiding lewer met die gesprek van die paneel wat grondhervorming en georganiseerde landbou onder die loep sal neem.

Modelle van suksesvolle grondhervorming, en die vraag of herverdeling sonder vergoeding moontlik is al dan nie, sal ter sprake kom.

’n Derde paneel sal op grondhervorming en voedselsekuriteit fokus.

Prof. Danie Vermeulen, dekaan van die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe, sal ’n wye reeks kwessies aanraak, onder meer hoe dit die plaaslike en internasionale banksektor sal raak.

  • Die gesprekreeks word in eksamenlokaal 4 langs die Callie Human-sentrum gehou. Dit begin om 09:15.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.