Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Henri en Don: ‘Albei verwond deur pa’s’

Albei seuns is verwond deur hul pa’s, maar die wonde kon nooit genees nie.

Só bespiegel Julian Jansen en Charné Kemp oor hoekom Henri van Breda en Don Steenkamp hul gesinne sou uitwis.

Kemp, skrywer van die boek Bloed, dunner as water, en Jansen, skrywer van Die De Zalze-moorde, was gister sprekers op die Literatuurfees op die Vrystaatse Kunstefees.

Schalk Schoombee, skrywer van die boek Tot die dood ons skei, het ook opgetree.

Kemp het verduidelik dat ’n kind dikwels ’n dominante ouer identifiseer, en dan een van hul sibbe as daardie ouer se bondgenoot sien.

In gesprek oor hul boeke oor moorde. Van links is Julian Jansen, Schalk Schoombee en die Volksblad-joernalis Charné Kemp.Foto: Theuns du Buisson

“Vir so ’n kind voel dit dan of hul broers of susters al die aandag kry. In hierdie moorde kan ’n mens dit duidelik aan die overkill sien. Dalk by Marthella (Steenkamp), maar definitief by Rudi (van Breda).”

Jansen sê “as jy jou moer strip, verloor jy alle persepsie van die werklikheid”.

Kemp vertel dat sy in haar navorsing vir haar boek agtergekom het dat twee tot vyf persent van moorde in Amerika gesinsmoorde is. Ook in Suid-Afrika is dit baie meer algemeen as wat ’n mens sou dink. “Ons hoor net van gevalle wat die media se aandag trek, maar dit gebeur baie meer as wat ’n mens dink.”

Jansen sê Van Breda se moordtog was juis een van daardie moorde wat die media se aandag getrek het.

Vir hom was dit aan die een kant ’n “geskenk van Bo” vir sy loopbaan.

Op die Kaapse Vlakte sterf mense daagliks in aanvalle met messe, onwettige vuurwapens en byle. “Ons kry baie bylmoorde. As iets soos hierdie in ’n ryk gesin in Stellenbosch gebeur, is dit Rapport se kos.”

Schoombee bestempel die internasionale voorkoms van gesinsgeweld as ’n “oorlog teen vroue”.

Volgens Schoombee is mense geïnteresseerd in moordstories omdat daar ’n “bloedspoor deur die geskiedenis loop. Van Shakespeare af regdeur is mense gefassineer deur mense wat hul geliefdes vermoor.”

Van Breda voel dus dat hy ’n oorwinnaar is, omdat niemand ’n bekentenis uit hom kon kry nie, terwyl mense steeds in sy onskuld glo.

Jansen vertel dat dit juis die feit is dat niemand dit van die moordenaars verwag nie, wat die stories so aangrypend maak. Hy sê oor Van Breda dat hy werklik aangetrokke gevoel het tot hierdie “sjarmante, vriendelike seun”.

Kemp sê daar is altyd mense wat in die moordenaars se onskuld glo.

“In die Steenkamp-geval is die kind net nie só nie, maar eintlik het hy dit lankal beplan. Mense glo dit nie, want dit pas nie in by hul verwysingsraamwerk nie. Hierdie ongeloof is al wat die mense het. Daarom sal hulle nooit skuld erken nie.”

Jansen beaam dit. “Henri Christo van Breda is ’n driedubbele moordenaar, maar hy sal dit nooit erken nie. Hy gaan tronk toe met ’n gevoel van whêla-kapêla, want hy gaan nie vir hulle sê wat die waarheid is nie.”

Van Breda voel dus dat hy ’n oorwinnaar is, omdat niemand ’n bekentenis uit hom kon kry nie, terwyl mense steeds in sy onskuld glo.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Julian Jansen  |  Henri Van Breda  |  Charné Kemp  |  Don Steenkamp  |  Vermaak  |  Gespreksreeks  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.