Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
‘Hierdie is my s(naak)sste show’

Die koue is op pad na Bloemfontein en hy het herinneringe van erge koudkry in die Rosestad, maar die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout sê hy is gerat om selfs sy jy-weet-wat warm te hou.

’n Vrou wat Woensdagaand ’n vertoning van hom in die Paarl bygewoon het, het saam met ’n gebreide mussie vir hom ’n bykomende kledingstuk gebrei.

“Hierdie tannie het ná die vertoning na my toe gekom met ’n geskenk. Ek maak dit oop en sien die kleurvolle mussie en sê:‘Baie dankie’. Sy sê toe ek moet kyk, daar is iets in die mussie. Sy kon sien ek was ’n bietjie verward met hierdie tottietruitjie.

Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout. Foto: Conrad Bornman

“Ek sê toe vir haar dis perfek, ek is juis op pad Bloemfontein toe waar ek vroeër jare al baie koud gekry het. Ek sal dit beslis dra, baie dankie. Dis beslis die weirdste geskenk wat ek al ooit gekry het.”

Hy het ’n bedrywige paar dae in Bloemfontein by die Vrystaat-kunstefees waar vandag en môre ’n maksimum temperatuur van onderskeidelik 15 °C en 16 °C voorspel word.

Môre-aand om 20:30 doen hy sy nuutste eenmanvertoning, Schalk Bezuidenhout – Snorseun, in die Kopanong Kovsiekerk. Voor dit, om 15:00, het hy ’n boekbespreking oor sy boek Truitjie roer my nie: oor Kempton en ander k-woorde.

Vanaand en môre-aand om 19:00 skerpskerts hy saam met Shimmy Isaacs, Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer by die Netwerk24 Feeskafee.

“Indien ons ’n vol saal môre-aand kan lok vir my vertoning sal dit die grootste gehoor wees voor wie ek nog opgetree het. Ja, ek het al voor sowat 13 000 mense opgetree toe ek vir Trevor Noah geopen het, maar dit was net sowat tien minute.

“Hierdie is splinternuwe materiaal. Ek het op die Woordfees ’n vertoning van seker twee uur gedoen waarna ek dit verfyn en getoets het watter stories mense meer as ander geniet.

“Die inhoud van my vertonings is eintlik die hele tyd aan die groei. Soos ek goed beleef, word dit by vertonings ingewerk. Ek wil elke keer my vorige vertoning top. Ek dink regtig hierdie is my snaakste show.”

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Schalk Bezuidenhout  |  Teater  |  Vermaak  |  Feeste  |  Komedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.