Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Hulde gebring aan skrywers

Een van die grootste bederwe op die Vrystaat Kunstefees is voorwaar die voortreflike aanbiedinge op die Literatuurfees.

Van buitelandse skrywers tot Suid-Afrika se voorste skrywers kuier vandeesweek in Bloemfontein.

Dan Sleigh Foto: Michael Hammond

In een van die opwindendste aanbiedings vat die Literatuurfees hande met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) om ’n reeks gesprekke onder die titel Hulde aan helde aan te bied.

Volgens Corneli van den Berg, die Literatuurfees se koördineerder, het die organiseerders vir die afronding van die program twee vertrekpunte gebruik vir vanjaar se fees.

Die een vertrekpunt was histories en die ander sistematies.

“Histories onthou ons dat vanjaar die 100ste herdenking van oudpres. Nelson Mandela se geboorte is, en daarom maak ons ook belangrike verbindings met die jaar 1918.”

In Hulde aan helde herdenk ons die bydraes van C.J. Langenhoven, wat “Die Stem” in 1918 geskryf het, die skrywers Dan Sleigh, Hermann Giliomee en wyle Dalene Matthee, wat almal vanjaar 80 jaar gelede gebore is, sowel as Flaxman Qoopane, die ontslape held van die Mangaungse literêre wêreld.

Dalene Matthee

Kom gesels vandag (10 Julie) om 18:00 gerus saam met die paneel bestaande uit Willemien Brümmer (kleindogter van Langenhoven), Corlietha Swart, Johan Olivier en Tildie Smit oor die mens wat Langenhoven was, sy digkuns skryfwerk en sy nalatenskap.

Op 13 Julie om 9:00 word hulde gebring aan Matthee (1938-2005), een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers.

Die 30-jarige herdenking van die rolprentweergawe van Matthee se bekroonde roman Fiela se Kind (1988) word ook op die bespreking gevier.

Sleigh en Giliomee, twee reuse in die Suid-Afrikaanse literêre landskap, vier albei in 2018 hul 80ste verjaardag.

Hulle word albei wyd gereken as wêreldklas-historici wat in hul skryfwerk Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaner­geskiedenis, voorop stel.

Hermann GiliomeeFoto: Edrea du Toit

Môre (11 Julie) om 18:00 is dié twee skrywers met mekaar in gesprek.

Die huldeblyk aan Qoopane op 12 Julie om 14:00 sal ’n lesing insluit oor sy boeke en dié wat oor hom geskryf is, sowel as ’n oudio­visuele uitstalling gefokus op die Qoopane Literêre Galery.

Die laaste held wat in die reeks gevier sal word, is die befaamde fantasieskrywer J.R.R. Tolkien.

Tolkien is in Bloemfontein gebore en het die eerste drie jaar van sy lewe hier deurgebring.

Gaan op 12 Julie om 16:30 gerus saam met Leana Lategan op ’n besonderse toer na van die belangrikste plekke van Tolkien se jong lewe in die stad. Philip de Vos sal die toer saam met Lategan aanbied. Dit eindig met skemerkelkies en ligte versnaperinge by The Hobbit House.

  • Alle gesprekke vind by NALN plaas.
Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Gespreksreeks  |  Skrywers  |  Feeste  |  Stronk  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.