Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Hulle kán dans, dans, dans!

Die samesmelting van ’n mengelmoes van wêrelde op een verhoog . . .

Dit is hoe die Vrynge-produksie Bliss beskryf kan word. Ané Pretorius en haar dansers, wat gewone beroepe beoefen, stel met hul produksie vir seker die standaarde hoog vir ander in die plaaslike Bloemfonteinse dansbedryf.

Plaaslike talent! Bloemfontein se Bliss-dansers wys hul danspassie. Foto: Juan Pinnick

Die inspirasie vir die Bliss dansproduksie – deel van die Vrygne-inisiatief – is die roman Flowers for Algernon deur Daniel Keys wat handel oor ’n verstandelike gestremde man wie se ouers nie sy gestremdheid kan aanvaar nie. Die dansproduksie is ’n direkte interpretasie van die hoofkarakter se ontdekking van die werklikheid, en in die proses die versinnebeelding van ander wêrelde. Hierdie wêrelde wissel van die konserwatiewe tot die taboe en die vraag ontstaan: “Wil jy in hierdie toestand van normaliteit voortleef?”

Jy in die gehoor kan dalk vra: Waar kom hierdie talentvolle dansers vandaan?

Wat hierdie produksie uniek maak as is die feit dat die dansers hulle diverse rolle as moeders, studente, werknemers of entrepreneurs verruil om hul gedeelde passie uit te leef: Dans.

Claude Brent, wat die hoofkarakter vertolk, werk bedags by die MediClinic Bloemfontein. Ané, die vervaardiger en choreograaf van die produksie, is ’n heeltydse student.

Ané sê die danskultuur in die Rosestad kry heeltemal te min ondersteuning. Mense onderskat ook die talent in Bloemfontein.

Sy bieg sy het self mense onderskat en het aanvanklik nie gedink sy sal goeie dansers vir die produksie kry nie.

“Mense ondersteun vinnig ’n internasionale produksie, maar hulle kan ook meer plaaslike produksies begin bywoon, want hulle is net so talentvol.”

Vrynge is ’n fantastiese platform vir hierdie opkomende kunstenaars wat nie die hulpbronne het om self so ’n produksie van die grond af te kry nie.

“Die beste ding van Vrynge is dat ons plaaslike kunstenaars mekaar ook kan ondersteun.”

  • Jy kan Bliss Woensdag om 19:30 in die UV-pluimbalsaal (Vrynge Farm) gaan kyk, of Vrydag om 16:30.
Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Dans  |  Teater  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.