Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
‘Immigrante is selde tuis’
Jaap Scholten, Arthur Umbgrove en Dimitri Verhulst in gesprek. Foto: Conrad Bornman

Die hantering van vlugtelinge en asielsoekers is tans wêreldwyd ’n vraagstuk.

Die Belgiese skrywer Dimitri Verhulst het reeds in 2001 ’n belangstelling in die lot van hierdie mense ontwikkel.

“Daar was te min beddens vir die asielsoekers. Meeste van hulle was op daardie stadium van Oos-Europa, maar daar was ook mense van Afrika. Veral vroue wat ontsnap het van seksuele misbruik.”

Boonop was die regse anti-immigrasiebeweging aan die groei en volgens Verhulst kon ’n mens die haat teenoor immigrante aanvoel.

Verhulst het besluit om by ’n asielsentrum te gaan woon om te sien hoe hierdie mense behandel word. Hulle is daar voorberei om Belge te word, terwyl dit nog nie seker was dat hul verblyfpermitte goedgekeur sou word nie.

Arthur Umbgrove, die skrywer van Wat we weten, het ook ’n asielsentrum besoek. Van daar het hy drie broers van Sirië in hul poging om te vernederlands gevolg. Sy roman is op hul verhaal gegrond. Hy het oorspronklik die sentrum besoek om uit te vind wat sy mening oor die vlugtelinge is. Daarmee saam het hy ook met mense gesels wat heftig teen immigrasie gekant is.

Toe Jaap Scholten, die gespreksleier, se vraag oor hoekom hulle so ’n ernstige saak in fiksie vergestalt het, was albei skrywers dit eens dat fiksie die enigste manier is om met hierdie mense te assosieer.

Verhulst het besluit om by ’n asielsentrum te gaan woon om te sien hoe hierdie mense behandel word. Hulle is daar voorberei om Belge te word, terwyl dit nog nie seker was dat hul verblyfpermitte goedgekeur sou word nie.

Verhulst vertel dat hierdie mense se leefwêreld fiktief is, omdat hulle stories moet versin om aan die lewe te bly.

Umbgrove beaam dit en vertel dat hy hofsake volg waarin mense dikwels herhaaldelik teen die uitslae van hul asielaansoeke appelleer.

“As iemand sê hy is homoseksueel moet ’n regter dit kan bevestig. Hoekom sou so ’n mens dit dan nie in sy eerste aansoek noem nie? ’n Mens moet wonder hoe desperaat iemand is om so ’n storie op te maak.”

Iets wat vir Verhulst skokkend is, is die rassisme wat tussen vlugtelinggroepe bestaan. In Belgiese vlugtelingkampe is daar veral spanning tussen mense van Tsjetsjnië en swart Afrikane.

“Mens is kwaad oor die Belge so rassisties is, maar binne die asielgemeenskap gaan dit veel erger.”

Scholten, wat in Hongarye woon, is dit eens met Umbgrove en Verhulst dat die probleem nie in Europa opgelos kan word nie, maar in die mense se lande van herkoms.

Verhulst, wat ten gunste daarvan is dat alle grense oopgestel word, beklemtoon die feit dat die meeste Siriese immigrante nie in Europa wil wees nie, maar daarvan droom om na ’n vreedsame Sirië terug te keer.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vrystaat Kunstefees  |  Gespreksreeks  |  Feeste  |  Kunstefeeste  |  Stronk  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.