Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Jak lief pannekoek en kuns
Jak de Priester Foto: Conrad Bornman

Vir menige feesganger op die Vrystaat Kunstefees is die bywoning van Jak de Priester se show ’n jaarlikse instelling.

Met Sally Williams Nougat maak hy mense nostalgies en met Sny dit af laat hy hulle skater.

En vir Jak is die fees in die Vrystaat ’n jaarlikse hoogtepunt. Die fees is deel van sy goeie herinneringe.

“Die koue is vir my niks. Ek geniet die fees te veel.”

Die verskeidenheid sale en plekke waar sangers kan optree, maak hierdie fees vir hom anders as ander feeste.

“Of dit nou die Sand du Plessis of Kovsiekerk is, elke plek laat voel my soos ’n ware sanger.”

Hy het deur die jare die groei en die vooruitgang van die fees beleef.

“Jy sien dit in die stalletjies en die glimlagte op die mense se gesigte.”

Hy sing oor die liefde, die land, sy kultuur en die lewe as ’n Afrikaner-pa in Suid-Afrika.

Hy self loop nooit verby ’n pannekoek- of kunsstalletjie nie, want vir pannekoek en kuns is hy bitter lief.

Elke jaar neem hy ‘’n stukkie Bloemfontein saam met hom huis toe. Verlede jaar was dit ’n sebravel vir hulle sitkamer en so mooi Afrika-sak.

Die Vrystaat Kunstefees is vir hom nie net nog ’n fees nie. Drie jaar gelede, op 13 Julie, is sy seuntjie gebore terwyl hy hier konserte gehou het.

“As ek hier kom, dink ek ook aan hom en sy geboorte.”

Vir vanjaar se produksie, Jak de Priester – Reënboog oor Suid-Afrika, het hy 13 lekker nuwe Afrikaanse liedjies geskryf.

Maar hy gaan Sally Williams Nougat ook sing. Hoe dan anders?

Sy baie spesiale nuwe liedjie wat aanhangers vir die eerste keer hier op die fees gaan hoor, is Kyk in my oë. Dit is vir sy dogtertjie geskryf wat onlangs erg in warm water gebrand en in die intensiewesorgeenheid was.

“Ek het net die hele tyd vir haar gesê: ‘Kyk in my oë.’”

Reënboog oor Suid-Afrika, die titel van sy optrede vanjaar, is die naam van die liedjie wat hy op sy vorige album saam met Dr. Victor sing. En dit som sy liefde en trots vir sy Suid-Afrikaanse erfenis op.

Hy sing oor die liefde, die land, sy kultuur en die lewe as ’n Afrikaner-pa in Suid-Afrika.

  • Jak sing weer môre om 16:00 in die Kopanong-Kovsiekerk.
Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.